Home About us Products Services Contact us Bookmark
:: wikimiki.org ::
Franse Rewolusie

Franse Rewolusie

Die geskiedkundige term Franse Rewolusie (wat soms ook die Groot Rewolusie genoem word) verwys na die historiese tydperk tussen 14 Julie 1789 en 9 November 1799 in Frankryk, toe Republikeinse magte die absolute monargie afskaf. Die oorgang na 'n republikeinse staatsvorm, die Eerste Franse Republiek, gaan gepaard met die skeiding van staat en kerk, die afkondiging van talle regte soos die reg op persoonlike vryheid, die pers- en meningsvryheid en die gelykheid van alle burgers voor die wet. Met die beginsel van die volksoewereiniteit word 'n grondwet met regspligte waaraan die staat moet voldoen, 'n onafhanklike regstelsel, die algemene stemreg, 'n geregte belastingwetgewing, die beroepsvryheid en ander regte ingevoer. Die rewolusionêre tydperk in Frankryk word egter ook gekenmerk deur willekeurige geweld, wat in die terreur van Maximilien Robespierre 'n bloedige hoogtepunt bereik. Hoewel die republikeinse staatsvorm in Frankryk eers in die jaar 1871 gevestig word, is die Franse Rewolusie een van die ingrypendste historiese omwentelings, nie net vir Frankryk en Europa nie, maar in die ganse wêreldgeskiedenis. Die verreikende gevolge wat dit vir die Westerse beskawing gehad het, lê ingegrif op 'n menige terreine wat wissel van die staatkundige tot die maatskaplike en ideologiese.

Oogmerke

Die rewolusionêre beweging van 1789 streef daarna om die ou stelsel van die feodalisme, absolutisme en die daarmee gepaardgaande standestaat met sy rigiede klasverskille omver te gooi. Sy leuse is "vryheid, gelykheid, broederskap" (Frans: "liberté, égalité, fraternité"). Die Amerikaanse Rewolusie, die onafhanklikheidsverklaring van die veertien kolonies as die Verenigde State van Amerika (1776) en die Verklaring van Menseregte verskaf 'n belangrike voorbeeld vir die Franse Verklaring van Mense- en Burgerregte van 1789.

Voorgeskiedenis

1789 Om die staatsbankrotskap te keer en nuwe belastingswette voor te stel, vergader die Franse State-Generaal (États généraux) op 5 Mei 1789 in Versailles. Die afgevaardigdes sluit 300 verteenwoordigers van die adel, 300 van die stand van die geestelikes (klerus) en 600 burgerlikes in. Nadat die twee bevoorregte stande weier om 'n vrye stemming toe te laat, konstitueer die burgerlikes op 17 Junie as die Nasionale Konstitusionele Vergadering (Assemblée nationale constituante), met graaf Gabriel Honoré Mirabeau (1749-1791) as sy voorsitter. Adel en klerus sluit by die vergadering aan om 'n burgerlik-liberale grondwet uit te werk.

Rewolusie

Op 20 Junie lê die verteenwoordigers in die kaatsbaan van Versailles die eed af dat die Nasionale Vergadering nie ontbind sal word nie voordat 'n besluit oor Frankryk se nuwe grondwet geneem is. Die situasie begin egter handuit ruk met die toenemende rewolusionêre geweld op die strate. Op 17 Julie 1789 storm die Paryse burgers die staatsgevangenis Bastille - een van die simbole van die destydse despotisme - om die gevangenes wat daar aangehou word te bevry. Onder die indruk van die onluste neem die adel op 4 Augustus afstand van sy voorregte, die feodalisme word afgeskaf. Op 27 Augustus word die Verklaring van Menseregte uitgereik. Onder die volgehoue druk van die massas verlaat koning Lodewyk XVI sy kasteel in Versailles om weer in die hoofstad Parys te resideer. Danksy gemagtigdes soos graaf Mirabeau word die monargistiese stelsel egter nog nie aangetas nie. Die rewolusionêre spits hulle maatreëls aanvanklik daarop toe om die kerk en klerus se invloed te verminder; die staat lê beslag op die goedere van die kerk om sy skuldlas te delg. Volgens die Burgerlike Konstitusie van die Klerus van 12 Julie 1790 word van die geestelikheid geëis om 'n eed op die grondwet af te lê. Die besittings van die kerk en van emigrante word konfiskeer en dien as dekking vir die nuwe papiergeld (assignate) wat nou uitgereik word. Die kulturele stryd begin verskerp; uiteindelik word die besluit geneem om die adel af te skaf. In die jaar 1791 is die posisie van die monargie vinnig besig om te versleg. Met die afsterwe van graaf Mirabeau verloor die aanhangers van 'n konstitusionele monargie hulle vernaamste woordvoerder. Koning Lodewyk XVI probeer op 20 Junie om te vlug en lê op 14 September selfs 'n eed op die nuwe grondwet af wat op 3 September afgekondig word, die stemming word egter al hoe meer radikaler. By die verkiesing van die Wetgewende Versameling (Assemblée législative), wat op 29 September vir die eerste keer vergader, kry die linksgesindes 'n groot aantal stemme; die Republikeinse Girondiste word die leidende groep. Aangesien die koning en die emigrante deur die Ou Europa ondersteun word, dwing die gematigde Girondiste Lodewyk XVI in April 1792 om teen die anti-rewolusionêre magte oorlog te verklaar. Die sogenaamde bergparty - met Jean Paul Marat, Georges Jacques Danton en Maximilien Robespierre as sy vernaamste woordvoerders - tree steeds radikaler teen emigrante en priesters wat die eed weier op. Na 'n reeks militêre neerlae storm die rewolusionêre die Tuileries, die koning en sy gesin word in die Temple vasgehou. Die massas op straat begin onder die leiding van die Jakobynse terroriste (wat ook die meerderheid in die nuwe Nasionale Konvent het wat op 20 September vergader) hulle skrikbewind van moord en geweld. Die monargie word op 21 September afgeskaf. Die rewolusionêre kondig die nuwe Franse Republiek af (sogenaamde Eerste Republiek). In Januarie 1793 begin die hofsaak teen koning Lodewyk XVI wat nou as "burger Louis Capet" bekend staan. Op 21 Januarie word Capet tereggestel. 21 Januarie Capet se dood gee die aanleiding tot rojalistiese en girondistiese opstande, terwyl die ekonomie ingevolge die hoë inflasiekoers verswak. Die assignate verloor steeds meer van hulle waarde. Die radikale trek voordeel uit die situasie; die nuwe grondwet, wat onder meer die instelling van die nuwe Comité du salut public bepaal, loop op 'n diktatoriese regering onder leiding van Danton en later Robespierre uit. Die verpletterende militêre neerlae lei op hulle beurt weer tot groter verdrukking van iedereen wat as vyandelik gesind teen die vryheid en die republiek beskou word. Die instelling van die eerste algemene diensplig (die Levée en masse) deur Lazare Nicolas Marguerite graaf van Carnot is 'n maatreël wat die gewapende stryd teen buitelandse magte meer trefkrag sou verleen. Die stryd teen die totale aanslag is 'n stryd om oorlewing wat op verskillende fronte gevoer word. Die oorlog word nou teen die paleise gevoer, terwyl die hutte in vrede gelaat moet word. Die nasionale lied Marseillaise en die nuwe vlag, die Trikolore, versinnebeeld die nuwe gesindheid. Aanhangers van die ateïstiese Jakobyn Hébert (1757-1794) begin streng op te tree teen die Christelike geloof; die "geboue wat as kerke bekend staan" word gesluit, die katedraal Notre-Dame in Parys tot Tempel van die Rede gewy. In Mei 1794 word die Christendom in Frankryk afgeskaf en deur die nuwe Kult van die Rede vervang. In Junie vier Robespierre die Fees van die Hoogste Wese. Nadat die militêre situasie begin verbeter, word 'n einde aan die Jakobynse terreur gemaak. Georges Jacques Danton word op 5 April 1794, Maximilien Robespierre op 28 Julie onthoof. Geweld en onluste hou egter aan. Op 21 Mei 1795 word 'n Jakobynse opstand onderdruk, die land kry op 22 Augustus sy derde rewolusionêre grondwet. Die Nasionale Konvent word op 26 Oktober ontbind en deur 'n direktorium (Directoire) van vyf lede vervang. Dit is veral die welgestelde bourgeoisie wat in die laaste fase van die rewolusie 'n einde aan die chaotiese toestande wil maak. Met 'n staatsgreep op 9 November 1799 beëindig generaal Napoléon Bonaparte die rewolusionêre tydperk en verklaar homself tot Eerste Konsul en staatshoof. category:Franse Rewolusie category:Frankryk ja:フランス革命 ko:프랑스 혁명 th:การปฏิวัติฝรั่งเศส

14 Julie

14 Julie is die 195ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (196ste in skrikkeljare). Daar volg nog 170 dae.

Gebeure

- 1789 - Die Franse Rewolusie begin met die storm op die gevangenis Bastille in Parys

Geboortes

-

Sterftes

- 1904 - Stephanus Johannes Paul Kruger, , Komandant-Generaal van die Republiek van Suid-Afrika, President van Transvaal

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae

- Kategorie:Datum ja:7月14日 ko:7월 14일 simple:July 14 th:14 กรกฎาคม

9 November

Gebeure

-

Geboortes

-

Sterftes

-

Vakansies, vierings, en waarmeningsdae

-
11-0711-0811-0911-1011-11
Dae in die Geskiedenis
Kategorie:Datum ja:11月9日 ko:11월 9일 simple:November 9 th:9 พฤศจิกายน

1799

Gebeure

- Napoléon I Bonaparte beleër tevergeefs 61 dae lank die stad Akko.
- 11 November Napoléon Bonaparte word Eerste Konsul (Premier Consul) van die Franse Republiek.
- JMW Turner skilder die Norhamkasteel in waterverf

Geboortes

- 22 Maart - Friedrich Wilhelm August Argelander, Duitse sterrekundige († 1875)

Sterftes

- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
17de eeu18de eeu19de eeu
1796179717981799180018011802
Kategorie:18de eeu ko:1799년

Frankryk

Die Franse Republiek (Frans: République française) is 'n sentralistiese, demokratiese land in Wes-Europa, begrens deur België, Luxemburg, Duitsland, Switserland, Italië, Monaco, Andorra, en Spanje. Dit is 'n stigingslid van die Europese Unie. Naas die metropolitaanse (Europese) gebied van Frankryk is daar oorsese gebiede in die Karibiese See (onder meer 'n gedeelte van die eiland Saint-Martin), Suid-Amerika (Frans-Guyana), Noord-Amerika (Saint-Pierre et Miquelon), in die Indiese Oseaan en in Oseanië. Die naam Frankryk is afgelei van die Germaanse volk van die Franke, wat die gebied na die einde van die Romeinse Ryk verower. Die land, wat meer as dubbel so groot is soos die Verenigde Koninkryk, beleef na die Tweede Wêreldoorlog 'n vinnige groei van sy stedelike gebiede. Desondanks is die grootste deel van die land plattelandse gebiede, en die landbousektor speel tradisioneel 'n baie belangrike rol in die binnelandse politiek van Frankryk. Die land se lang en ryk geskiedenis bly lewendig in sy Romeinse ruïnes, middeleeuse katedrale en stede. Die erfenis van die tydperk voor die Franse Rewolusie van 1789 sluit talle 18de eeuse kastele (châteaux) in. Die land is met jaarliks meer as 75 miljoen besoekers die belangrikste toeristebestemming ter wêreld.

Geografie

Hoofartikel: Geografie van Frankryk Geografie van Frankryk Terwyl die grootste deel van Frankryk se staatsgebied in Wes-Europa lê, is daar wyd verspreide Franse gebiede en besittings in Noord-Amerika, die Karibiese See, Suid-Amerika, die westelike en suidelike Indiese Oseaan, die noordelike en suidelike Pasifiese Oseaan en Antarktika. Die metropolitaanse Frankryk, wat danksy sy vorm dikwels ook l'Hexagone (die heksagoon) genoem word, het 'n oppervlak van meer as 'n halfmiljoen vierkante kilometer, wat in die noorde en weste deur kusvlaktes en heuwels gekenmerk word. Die res van die land is bergagtig, met die Sentraalmassief (Massif Central) in die suidelike middel van die land, die Pireneë in die suidweste en die Alpe in die suidooste. Frankryk se hoogste berg, die Mont Blanc, is tegelykertyd ook die hoogste in Europa met 4 808 meter. Die Sentraalmassief, wat sowat 'n sesde van Frankryk se landoppervlakte beslaan, is deur vulkaniese aktiwiteite sowat tien tot dertig miljoen jare gelede gevorm. Die hoogste bergspitse is die Puy de Sancy (1 886 meter) en die Plomb du Cantal (1 858 meter). Die oorheersende kalksteen maak die Sentraalmassief minder geskik vir landbouaktiwiteite. Tussen die berggebiede lê uitgestrekte rivierbekkens soos die van die Loire-, Rhône-, Garonne- en Seineriviere. Die groot riviere is deur kanale met mekaar verbind. Frankryk het met uitsondering van die noordooste slegs natuurlike grense, waarvan die helfte deur die Ryn, die Alpe en die Pireneë gevorm word. Die ander helfte van die land se sowat 5 500 kilometer lange grenslyn word deur die kuste van die Atlantiese Oseaan en die Middellandse See gevorm.

Klimaat

Daar is rofweg vier klimaatsones in die metropolitaanse Frankryk:
- Die gebied wes van die lyn Bayonne-Lille het 'n vogtige kusklimaat met dikwels frisse somers.
- In die Elsas, in Lotaringe, langs die Rhônevallei en in die bergagtige streke van die land (Alpe, Pireneë en Sentraalmassief) is die klimaat al halfkontinentaal met koue winters en warm somers.
- Die noordelike deel van die land, Parys en sy omgewing en die sentrum van die land is in klimatiese opsig oorgangsgebiede met koue winters en warm somers. Die gebied kry die hele jaar deur reën. Wingerde, wat teen die suidelike hange lê, lewer in hierdie noordelike gebiede wyne van uitstekende kwaliteit op.
- Die suide van die land, wat van die Franse Riviera se vlaktes tot by die Rhône- en Saônevalleie in die noorde en Languedoc en Narbonne in die weste strek, het 'n mediterreense klimaat met milde winters en baie warm somers. Dit is net soos Suid-Afrika se Kaapland 'n winterreënstreek en danksy die warm temperature en droë weer in die somer uiters geskik vir die wynboubedryf.

Geskiedenis

Hoofartikel: Geskiedenis van Frankryk Die grense van moderne Frankryk is byna dieselfde as die grense van die ou gebied van Gallië, wat bewoon was deur die Galliërs (Keltiese mense). Gallië is ingeneem deur die Romeine in die eerste eeu na Christus, en die Galliërs het uiteindelik die Romeinse taal en kultuur aangeneem. In die 14de eeu ontwikkel Frankryk met sy twintig miljoen inwoners (in vergelyking met Duitsland se veertien en Engeland se vier miljoen) tot die magtigste nasie in Europa.

Politiek

Hoofartikel: Politiek van Frankryk Politiek van Frankryk Frankryk is sedert die jaar 1875 'n republiek met 'n parlementêre stelsel. Vandag is die land 'n sentralistiese, demokratiese republiek met 'n semi-presidensiële regeringstelsel. Die grondwet van die Vyfde Republiek van Oktober 1958 verleen meer gesag aan die Staatspresident, wat regstreeks deur die volk vir 'n ampstermyn van vyf jaar verkies word. Hy benoem die Eerste Minister en die kabinet, het 'n vetoreg op die besluite van die parlement en die reg om die parlement te ontbind. Tans is Jacques Chirac die vyfde Staatspresident van die Franse Republiek. Die regering onder die leiding van die Eerste Minister bepaal die beleid van die nasie. Die parlement bestaan uit twee kamers, die Nasionale Vergadering (Assemblée Nationale) met 577 vyfjaarliks direk verkose afgevaardigdes en die Senaat (Sénat) met 331 lede, wat indirek verkies word. Die parlement kontroleer die regering en beraadslaag en besluit nasionale wette. Die oorsese gebiede word deur 22 afgevaardigdes in die Nasionale Vergadering en 14 in die Senaat verteenwoordig. 'n Bykomende 12 senatore word deur Franse burgers in die buiteland verkies.

Buitelandse beleid

Frankryk is 'n permanente lid van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad en beskik oor die vetoreg. Die buitelandse beleid van die land konsentreer op die noue bande met Duitsland binne die strukture van die Europese Unie en sy belangrike betrekkinge met voormalige kolonies in Afrika. In baie Afrikalande tree die Franse regering met 'n soort ordende gesag op. Frankryk staan skepties teenoor die Verenigde State se beleid as supermoondheid en maak steeds eie voorstelle in verband met internasionale vraagstukke.

Verdediging

1958 Die land is in 1949 een van die stigterslede van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) en word op militêre gebied deur die Verenigde State beskerm. Met die presidentskap van generaal de Gaulle in 1958 begin die betrekkinge met die VSA en die Amerikaans-oorheersde NAVO verander. Onder die leiding van de Gaulle ontwikkel Frankryk vanaf 1960 sy eie kernwapens. As 'n kernmoondheid steun die land vanaf 1965 met sy Force de Frappe op vyftig vliegtuie met kernwapens, en in 1968 beskik die Franse weermag reeds oor agttien lanseerplatforms vir middelafstandmissiele, wat in die jare 1970 en 1971 met kernmissiele toegerus is. In die sewentigerjare is die Force de Frappe versterk deur duikbote met sestien middelafstandmissiele. Frankryk het die militêre afdeling van die NAVO in 1968 verlaat, maar gaan steeds voort om 'n aktiewe rol by die politiese aktiwiteite van die organisasie speel. Diensplig is gestaak, en die land beskik tans oor 'n professionele weermag van sowat 300 000 soldate.

Ekonomie

Hoofartikel: Ekonomie van Frankryk Die Franse ekonomie steun sowel op die private entrepreneurskap (met meer as 2,5 miljoen geregistreerde ondernemings) asook staatsbeheerde bedrywe. Alhoewel die invloed van die staat nou geleidelik verminder word, beheer publieke ondernemings nog 'n groot deel van die Franse infrastruktuur, met name die spoorweë (SNCF), elektrisiteit, lugvaart en telekommunikasie. Die regering is tans besig om sy aandele aan Air France, France Télécom, versekerings-, bank- en krygstuigbedrywe te verkoop. Frankryk is 'n lid van die G8-groep van leidende nywerheidslande en is in die jaar 2004 die vyfde grootste ekonomie ter wêreld, na die Verenigde State, Japan, Duitsland en die Verenigde Koninkryk. Verenigde Koninkryk Volgens die OECD is Frankryk in 2004 die vyfde grootste uitvoerder van vervaardigde produkte, na die Verenigde State, Duitsland, Japan en die Volksrepubliek van Sjina. Tegelykertyd is dit die vierde grootste invoerder van vervaardigde goedere (na die Verenigde State, Duitsland en die Volksrepubliek van Sjina). Volksrepubliek van Sjina Die statistieke van die OECD toon in 2003 dat Frankryk die lidstaat met die meeste direkte buitelandse beleggings is (met die uitsondering van Luxemburg, waar buitelandse beleggings grotendeels in die vorm van geldtransaksies van internasionale banke met 'n setel in Luxemburg gemaak word). Met buitelandse beleggings ter waarde van 47 miljard VSA-dollar oortref Frankryk selfs die Verenigde State met 39,9 miljard VSA-dollar, Duitsland (12,9 miljard VSA-dollar) en Japan (6,3 miljard VSA-dollar). Die vernaamste sektore van die Franse ekonomie is die motornywerheid, ruimte- en lugvaartnywerheid, masjienbou, chemiese nywerheid en die inligtings- en kommunikasietegnologie. Die metropolitaanse gebied van Parys is die grootste nywerheids- en handelsentrum. Ander belangrike sentrums is Lyon, Marseille en Lille. Landbou en toerisme is eweneens hoogs ontwikkel. Die land produseer jaarliks 55 miljoen hektoliter wyn en is met meer as 75 miljoen buitelandse besoekers in 2003 die belangrikste toeristebestemming ter wêreld, nog voor Spanje (52,5 miljoen toeriste) en die VSA (40,4 miljoen toeriste). Frankryk lok met sy kulturele erfenis in historiese stede soos Parys, lang strande en gesofistikeerde vakansieoorde langs sy kuslyn, ski-oorde in die Sentraalmassief, die Alpe en die Pireneë en landelike gebiede wat met hulle natuurskoon en rustigheid bekoor en gewild is by ekotoeriste. Frankryk het by nog 11 ander EU lede aangesluit om die euro te gebruik vanaf 1 Januarie 1999. Die euro munte en banknote het die Franse franc totaal vervang in 2002.

Administratiewe verdeling

Hoofartikel: Administratiewe verdeling van Frankryk, Lys van gebiede in Frankryk Lys van gebiede in Frankryk Frankryk het 26 gebiede (Frans: région), wat weer verder verdeel is in 100 départements. Die départements is genommer (hoofsaaklik alfabeties) en hierdie nommer word gebruik in o.a. poskodes en motor-registrasienommers.

- Alsace
  - 67 Bas-Rhin
  - 68 Haut-Rhin
- Aquitaine
  - 24 Dordogne
  - 33 Gironde
  - 40 Landes
  - 47 Lot-et-Garonne
  - 64 Pyrénées-Atlantiques
- Auvergne
  - 03 Allier
  - 15 Cantal
  - 43 Haute-Loire
  - 63 Puy-de-Dôme
- Basse-Normandie
  - 14 Calvados
  - 50 Manche
  - 61 Orne
- Bourgogne (Boergondië)
  - 21 Côte-d'Or
  - 58 Nièvre
  - 71 Saône-et-Loire
  - 89 Yonne
- Bretagne
  - 22 Côtes-d'Armor
  - 29 Finistère
  - 35 Ille-et-Vilaine
  - 56 Morbihan
- Centre
  - 18 Cher
  - 28 Eure-et-Loir
  - 36 Indre
  - 37 Indre-et-Loire
  - 41 Loir-et-Cher
  - 45 Loiret
- Champagne-Ardenne
  - 08 Ardennes
  - 10 Aube
  - 51 Marne
  - 52 Haute-Marne
- Corse (Corsica)
  - 2A Corse-du-Sud
  - 2B Haute-Corse
- Franche-Comté
  - 25 Doubs
  - 39 Jura
  - 70 Haute-Saône
  - 90 Territoire-de-Belfort
- Haute-Normandie
  - 27 Eure
  - 76 Seine-Maritime
- Île-de-France
  - 75 Parys
  - 77 Seine-et-Marne
  - 78 Yvelines
  - 91 Essonne
  - 92 Hauts-de-Seine
  - 93 Seine-Saint-Denis
  - 94 Val-de-Marne
  - 95 Val-d'Oise
- Languedoc-Roussillon
  - 11 Aude
  - 30 Gard
  - 34 Hérault
  - 48 Lozère
  - 66 Pyrénées-Orientales

- Limousin
  - 19 Corrèze
  - 23 Creuse
  - 87 Haute-Vienne
- Lorraine
  - 54 Meurthe-et-Moselle
  - 55 Meuse
  - 57 Moselle
  - 88 Vosges
- Midi-Pyrénées
  - 09 Ariège
  - 12 Aveyron
  - 31 Haute-Garonne
  - 32 Gers
  - 46 Lot
  - 65 Hautes-Pyrénées
  - 81 Tarn
  - 82 Tarn-et-Garonne
- Nord-Pas-de-Calais
  - 59 Nord
  - 62 Pas-de-Calais
- Pays-de-la-Loire
  - 44 Loire-Atlantique
  - 49 Maine-et-Loire
  - 53 Mayenne
  - 72 Sarthe
  - 85 Vendée
- Picardie
  - 02 Aisne
  - 60 Oise
  - 80 Somme
- Poitou-Charentes
  - 16 Charente
  - 17 Charente-Maritime
  - 79 Deux-Sèvres
  - 86 Vienne
- Provence-Alpes-Côte d'Azur
  - 04 Alpes-de-Haute-Provence
  - 05 Hautes-Alpes
  - 06 Alpes-Maritimes
  - 13 Bouches-du-Rhône
  - 83 Var
  - 84 Vaucluse
- Rhône-Alpes
  - 01 Ain
  - 07 Ardèche
  - 26 Drôme
  - 38 Isère
  - 42 Loire
  - 69 Rhône
  - 73 Savoie
  - 74 Haute-Savoie
- Départements d'outre mer (DOM)
(Oorsese départements), elk van hulle is ook 'n département en 'n omgewing gelyktydig:
  - 971 Guadeloupe
  - 972 Martinique
  - 973 Guyane française
  - 974 La Réunion
- Collectivités territoriales (Kollektiewe gebiede):
  - 975 Saint-Pierre et Miquelon
  - 976 Mayotte
- Pays et Territoires d'outre-mer (PTOM) (Oorsese Lande en Teretoriale):
  - 986 Wallis-et-Futuna
  - 987 Franse Polynesië
  - 988 Nouvelle Calédonie (pays d'outre mer vanaf 1998)
  - Terres australes et antarctiques françaises (Franse Suidelike and Antarktiese Gebiede) (insluitend Frankryk se Antartika eis)
Die départements word verder verdeel in 342 arrondissements. Frankryk handhaaf ook beheer oor 'n aantal klein eilande in die Indiese Oseaan en die Stille Oseaan, insluitende Bassas da India, Clippertoneiland, Europa-eiland, Glorioso-eilande, Juan de Nova-eiland, Tromelineiland.

Demografie

Hoofartikel: Demografie van Frankryk Volgens 'n amptelike skatting is die bevolking van die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede op 1 Januarie 2004 61,9 miljoen mense. Die bevolkingsdigtheid is 111 mense per vierkante kilometer. Daar is 73 stede wat saam met hulle voorstede 'n inwonertal van meer as 100 000 het. Die grootste stedelike gebiede is Parys (11,2 miljoen inwoners), Lyon (1,7 miljoen inwoners), Marseille (1,5 miljoen inwoners), Lille (1,2 miljoen inwoners) en Toulouse (1,1 miljoen inwoners). Frankryk het na Duitsland die tweede grootste bevolking van die Europese Unie. Anders as in Duitsland is daar 'n aansienlike natuurlike bevolkingsgroei, met 792 600 geboortes teenoor 560 300 sterfgevalle in 2003. Die geboortekoers bedra in dié jaar 1,9. In 2003 is 280 300 huwelike gesluit. Op 1 Januarie 2004 is 25,3 persent van die Franse jonger as twintig en 16,2 persent ouer as 65 jaar. Die gemiddelde lewensverwagting van vroue is 83,8 jaar, die van mans 76,7 jaar. Die amptelike taal in die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede is Frans, tog praat die grootste deel van die Franse bevolking 'n plaaslike dialek. Naas Frans bestaan daar 'n aantal inheemse tale soos (Baskies, Bretons, Katalaans, Korsikaans, Nederlands (Vlaams), Duits (Elsassies), Oksitaans), maar die Franse regering en skoolstelsel het die gebruik van hierdie tale sterk afgeraai tot redelik onlangs.

Geloof

Frankryk is 'n laisistiese republiek waar staat en godsdienstige gemeenskappe streng van mekar geskei word. Die staat hou geen statistiek oor die gelowe van sy burgers nie, en alle gegewens berus op skattings of inligting wat deur die gemeenskappe self verskaf word. Die 2003 CIA World Factbook lys die gelowe van Frankryk as : Katoliek 83-88%, Protestants 2%, Joods 1%, Moslem (Noord-Afrikaanse werkers) 5-10%, ongebonde 4%. Volgens skattings, wat op demoskopiese navorsing baseer, is daar 3 miljoen Moslems, 1 miljoen Protestante, 600 000 Boeddhiste, 530 000 Jode en 150 000 ortodokse Christene.

Kultuur

Hoofartikel: Kultuur van Frankryk
- Académie française
- Franse filmkuns
- Franse Literatuur
- Bekende Franse Persone
- Franse kookkuns
- Musiek van Frankryk
Vakansiedae
Datum Afrikaanse Naam Franse naam Opmerking
1 JanuarieNuwejaarsdagJour de l'An 
6 JanuarieDriekoningsfeesFête des Rois 
2 FebruarieLigmisLa Chandeleur 
-PaasfeesPâquesSondag, datum variëer
-PaasmaandagLundi de PâquesMaandag na Paasfees
1 MeiWerkersdagFête du Travail 
8 MeiV-E DayVictoire 1945Einde van die Tweede Wêreldoorlog
-HemelvaartdagAscensionDonderdag, 40 dae na Paasfees
-PinksterPentecôteSewende Sondag na Paasfees
14 JulieBastille DagFête NationaleNasionale Dag
15 AugustusMaria-ten-HemelopnemingAssomption 
1 NovemberAllerheiligedagToussaint 
11 NovemberVeteranedag
Armistice Day
Remembrance Day
Armistice 1918Einde van die Tweede Wêreldoorlog
25 DesemberKersfeesNoël 
-Goeie VrydagVendredi saintBykomende vakansiedag in die départements Moselle, Bas-Rhin en Haut-Rhin
26 DesemberTweede dag van KersfeesSaint ÉtienneBykomende vakansiedag in die départements Moselle, Bas-Rhin en Haut-Rhin

Allerlei

26 Desember Die hoofstad en mees bekende stad Parys is ook die tuiste van die Eiffeltoring, 'n toring van staal opgerig in 1889. Frankryk beskik oor 265 verskeie soorte kaas, 400 skigebiede, 3 430 km kuslyn en die hoogste berg van Europa, die Mont Blanc (4 807 m). Daar is ook sowat 11 000 kampeerterreine en 120 000 km wandelpaaie. Sien: Lys van stede in Frankryk

Sien ook

Category:Frankryk Category:Lande in Europa

Eksterne verwysings

als:Frankreich fiu-vro:Prantsusmaa ja:フランス ko:프랑스 ms:Perancis simple:France th:ประเทศฝรั่งเศส zh-min-nan:Hoat-kok

1871

Gebeure

- 18 Januarie - Willem I van Pruise word in Versailles tot keiser van die Duitse Ryk verklaar
- Berlyn word die hoofstad van die Duitse Ryk

Geboortes

-

Sterftes

- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19de eeu20ste eeu
1868186918701871187218731874
Kategorie:19de eeu ko:1871년 simple:1871

Europa

Lande van Europa

- Albanië
- Andorra
- Belarus
- België
- Bosnië-Herzegowina
- Bulgarye
- Ciprus
- Denemarke (Sien ook: Groenland en die Faroëreilande)
- Duitsland
- Estland
- Finland (Sien ook: Lapland)
- Frankryk
- Griekeland
- Hongarye
- Ierse Republiek
- Italië
- Kroasië
- Letland
- Liechtenstein
- Litaue
- Luxemburg
- Malta
- Moldawië (Ook bekend as Moldowa)
- Monaco
- Nederland
- Noorweë (Sien ook: Lapland)
- Oekraïne
- Oostenryk
- Pole
- Portugal
- Roemenië
- Rusland
- San Marino
- Slowakye
- Slowenië
- Spanje
- Swede (Sien ook: Lapland)
- Switserland
- Tsjeggië
- Turkye
- Vatikaanstad
- Verenigde Koninkryk (Sien ook: Engeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland)
- Ysland

Minnan

Category:Europa als:Europa ja:ヨーロッパ ko:유럽 ms:Eropah roa-rup:Evropa simple:Europe th:ทวีปยุโรป zh-min-nan:Europa

Liberté, Égalité, Fraternité

Liberté, Ég