:: wikimiki.org ::
| Frankryk |
FrankrykDie Franse Republiek (Frans: République française) is 'n sentralistiese, demokratiese land in Wes-Europa, begrens deur België, Luxemburg, Duitsland, Switserland, Italië, Monaco, Andorra, en Spanje.
Dit is 'n stigingslid van die Europese Unie.
Naas die metropolitaanse (Europese) gebied van Frankryk is daar oorsese gebiede in die Karibiese See (onder meer 'n gedeelte van die eiland Saint-Martin), Suid-Amerika (Frans-Guyana), Noord-Amerika (Saint-Pierre et Miquelon), in die Indiese Oseaan en in Oseanië.
Die naam Frankryk is afgelei van die Germaanse volk van die Franke, wat die gebied na die einde van die Romeinse Ryk verower.
Die land, wat meer as dubbel so groot is soos die Verenigde Koninkryk, beleef na die Tweede Wêreldoorlog 'n vinnige groei van sy stedelike gebiede. Desondanks is die grootste deel van die land plattelandse gebiede, en die landbousektor speel tradisioneel 'n baie belangrike rol in die binnelandse politiek van Frankryk.
Die land se lang en ryk geskiedenis bly lewendig in sy Romeinse ruïnes, middeleeuse katedrale en stede. Die erfenis van die tydperk voor die Franse Rewolusie van 1789 sluit talle 18de eeuse kastele (châteaux) in. Die land is met jaarliks meer as 75 miljoen besoekers die belangrikste toeristebestemming ter wêreld.
Geografie
Hoofartikel: Geografie van Frankryk
Geografie van Frankryk
Terwyl die grootste deel van Frankryk se staatsgebied in Wes-Europa lê, is daar wyd verspreide Franse gebiede en besittings in Noord-Amerika, die Karibiese See, Suid-Amerika, die westelike en suidelike Indiese Oseaan, die noordelike en suidelike Pasifiese Oseaan en Antarktika.
Die metropolitaanse Frankryk, wat danksy sy vorm dikwels ook l'Hexagone (die heksagoon) genoem word, het 'n oppervlak van meer as 'n halfmiljoen vierkante kilometer, wat in die noorde en weste deur kusvlaktes en heuwels gekenmerk word. Die res van die land is bergagtig, met die Sentraalmassief (Massif Central) in die suidelike middel van die land, die Pireneë in die suidweste en die Alpe in die suidooste. Frankryk se hoogste berg, die Mont Blanc, is tegelykertyd ook die hoogste in Europa met 4 808 meter.
Die Sentraalmassief, wat sowat 'n sesde van Frankryk se landoppervlakte beslaan, is deur vulkaniese aktiwiteite sowat tien tot dertig miljoen jare gelede gevorm. Die hoogste bergspitse is die Puy de Sancy (1 886 meter) en die Plomb du Cantal (1 858 meter). Die oorheersende kalksteen maak die Sentraalmassief minder geskik vir landbouaktiwiteite.
Tussen die berggebiede lê uitgestrekte rivierbekkens soos die van die Loire-, Rhône-, Garonne- en Seineriviere. Die groot riviere is deur kanale met mekaar verbind.
Frankryk het met uitsondering van die noordooste slegs natuurlike grense, waarvan die helfte deur die Ryn, die Alpe en die Pireneë gevorm word. Die ander helfte van die land se sowat 5 500 kilometer lange grenslyn word deur die kuste van die Atlantiese Oseaan en die Middellandse See gevorm.
Klimaat
Daar is rofweg vier klimaatsones in die metropolitaanse Frankryk:
- Die gebied wes van die lyn Bayonne-Lille het 'n vogtige kusklimaat met dikwels frisse somers.
- In die Elsas, in Lotaringe, langs die Rhônevallei en in die bergagtige streke van die land (Alpe, Pireneë en Sentraalmassief) is die klimaat al halfkontinentaal met koue winters en warm somers.
- Die noordelike deel van die land, Parys en sy omgewing en die sentrum van die land is in klimatiese opsig oorgangsgebiede met koue winters en warm somers. Die gebied kry die hele jaar deur reën. Wingerde, wat teen die suidelike hange lê, lewer in hierdie noordelike gebiede wyne van uitstekende kwaliteit op.
- Die suide van die land, wat van die Franse Riviera se vlaktes tot by die Rhône- en Saônevalleie in die noorde en Languedoc en Narbonne in die weste strek, het 'n mediterreense klimaat met milde winters en baie warm somers. Dit is net soos Suid-Afrika se Kaapland 'n winterreënstreek en danksy die warm temperature en droë weer in die somer uiters geskik vir die wynboubedryf.
Geskiedenis
Hoofartikel: Geskiedenis van Frankryk
Die grense van moderne Frankryk is byna dieselfde as die grense van die ou gebied van Gallië, wat bewoon was deur die Galliërs (Keltiese mense).
Gallië is ingeneem deur die Romeine in die eerste eeu na Christus, en die Galliërs het uiteindelik die Romeinse taal en kultuur aangeneem.
In die 14de eeu ontwikkel Frankryk met sy twintig miljoen inwoners (in vergelyking met Duitsland se veertien en Engeland se vier miljoen) tot die magtigste nasie in Europa.
Politiek
Hoofartikel: Politiek van Frankryk
Politiek van Frankryk
Frankryk is sedert die jaar 1875 'n republiek met 'n parlementêre stelsel. Vandag is die land 'n sentralistiese, demokratiese republiek met 'n semi-presidensiële regeringstelsel. Die grondwet van die Vyfde Republiek van Oktober 1958
verleen meer gesag aan die Staatspresident, wat regstreeks deur die volk vir 'n ampstermyn van vyf jaar verkies word. Hy benoem die Eerste Minister
en die kabinet, het 'n vetoreg op die besluite van die parlement en die reg om die parlement te ontbind. Tans is Jacques Chirac die vyfde Staatspresident van die Franse Republiek.
Die regering onder die leiding van die Eerste Minister bepaal die beleid van die nasie.
Die parlement bestaan uit twee kamers, die Nasionale Vergadering (Assemblée Nationale) met 577 vyfjaarliks direk verkose afgevaardigdes en die Senaat (Sénat) met 331 lede, wat indirek verkies word. Die parlement kontroleer die regering en beraadslaag en besluit nasionale wette.
Die oorsese gebiede word deur 22 afgevaardigdes in die Nasionale Vergadering en 14 in die Senaat verteenwoordig. 'n Bykomende 12 senatore word deur Franse burgers in die buiteland verkies.
Buitelandse beleid
Frankryk is 'n permanente lid van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad en beskik oor die vetoreg. Die buitelandse beleid van die land konsentreer op die noue bande met Duitsland binne die strukture van die Europese Unie en sy belangrike betrekkinge met voormalige kolonies in Afrika. In baie Afrikalande tree die Franse regering met 'n soort ordende gesag op.
Frankryk staan skepties teenoor die Verenigde State se beleid as supermoondheid en maak steeds eie voorstelle in verband met internasionale vraagstukke.
Verdediging
1958
Die land is in 1949 een van die stigterslede van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) en word op militêre gebied deur die Verenigde State beskerm. Met die presidentskap van generaal de Gaulle in 1958 begin die betrekkinge met die VSA en die Amerikaans-oorheersde NAVO verander.
Onder die leiding van de Gaulle ontwikkel Frankryk vanaf 1960 sy eie kernwapens. As 'n kernmoondheid steun die land vanaf 1965 met sy Force de Frappe op vyftig vliegtuie met kernwapens, en in 1968 beskik die Franse weermag reeds oor agttien lanseerplatforms vir middelafstandmissiele, wat in die jare 1970 en 1971 met kernmissiele toegerus is.
In die sewentigerjare is die Force de Frappe versterk deur duikbote met sestien middelafstandmissiele.
Frankryk het die militêre afdeling van die NAVO in 1968 verlaat, maar gaan steeds voort om 'n aktiewe rol by die politiese aktiwiteite van die organisasie speel.
Diensplig is gestaak, en die land beskik tans oor 'n professionele weermag van sowat 300 000 soldate.
Ekonomie
Hoofartikel: Ekonomie van Frankryk
Die Franse ekonomie steun sowel op die private entrepreneurskap (met meer as 2,5 miljoen geregistreerde ondernemings) asook staatsbeheerde bedrywe. Alhoewel die invloed van die staat nou geleidelik verminder word, beheer publieke ondernemings nog 'n groot deel van die Franse infrastruktuur, met name die spoorweë (SNCF), elektrisiteit, lugvaart en telekommunikasie. Die regering is tans besig om sy aandele aan Air France, France Télécom, versekerings-, bank- en krygstuigbedrywe te verkoop.
Frankryk is 'n lid van die G8-groep van leidende nywerheidslande en is in die jaar 2004 die vyfde grootste ekonomie ter wêreld, na die Verenigde State, Japan, Duitsland en die Verenigde Koninkryk.
Verenigde Koninkryk
Volgens die OECD is Frankryk in 2004 die vyfde grootste uitvoerder van vervaardigde produkte, na die Verenigde State, Duitsland, Japan en die Volksrepubliek van Sjina. Tegelykertyd is dit die vierde grootste invoerder van vervaardigde goedere (na die Verenigde State, Duitsland en die Volksrepubliek van Sjina).
Volksrepubliek van Sjina
Die statistieke van die OECD toon in 2003 dat Frankryk die lidstaat met die meeste direkte buitelandse beleggings is (met die uitsondering van Luxemburg, waar buitelandse beleggings grotendeels in die vorm van geldtransaksies van internasionale banke met 'n setel in Luxemburg gemaak word). Met buitelandse beleggings ter waarde van 47 miljard VSA-dollar oortref Frankryk selfs die Verenigde State met 39,9 miljard VSA-dollar, Duitsland (12,9 miljard VSA-dollar) en Japan (6,3 miljard VSA-dollar).
Die vernaamste sektore van die Franse ekonomie is die motornywerheid, ruimte- en lugvaartnywerheid, masjienbou, chemiese nywerheid en die inligtings- en kommunikasietegnologie. Die metropolitaanse gebied van Parys is die grootste nywerheids- en handelsentrum. Ander belangrike sentrums is Lyon, Marseille en Lille. Landbou en toerisme is eweneens hoogs ontwikkel. Die land produseer jaarliks 55 miljoen hektoliter wyn en is met meer as 75 miljoen buitelandse besoekers in 2003 die belangrikste toeristebestemming ter wêreld, nog voor Spanje (52,5 miljoen toeriste) en die VSA (40,4 miljoen toeriste). Frankryk lok met sy kulturele erfenis in historiese stede soos Parys, lang strande en gesofistikeerde vakansieoorde langs sy kuslyn, ski-oorde in die Sentraalmassief, die Alpe en die Pireneë en landelike gebiede wat met hulle natuurskoon en rustigheid bekoor en gewild is by ekotoeriste.
Frankryk het by nog 11 ander EU lede aangesluit om die euro te gebruik vanaf 1 Januarie 1999. Die euro munte en banknote het die Franse franc totaal vervang in 2002.
Administratiewe verdeling
Hoofartikel: Administratiewe verdeling van Frankryk, Lys van gebiede in Frankryk
Lys van gebiede in Frankryk
Frankryk het 26 gebiede (Frans: région), wat weer verder verdeel is in 100 départements. Die départements is genommer (hoofsaaklik alfabeties) en hierdie nommer word gebruik in o.a. poskodes en motor-registrasienommers.
Die départements word verder verdeel in 342 arrondissements.
Frankryk handhaaf ook beheer oor 'n aantal klein eilande in die Indiese Oseaan en die Stille Oseaan, insluitende
Bassas da India, Clippertoneiland, Europa-eiland, Glorioso-eilande, Juan de Nova-eiland, Tromelineiland.
Demografie
Hoofartikel: Demografie van Frankryk
Volgens 'n amptelike skatting is die bevolking van die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede op 1 Januarie 2004 61,9 miljoen mense. Die bevolkingsdigtheid is 111 mense per vierkante kilometer.
Daar is 73 stede wat saam met hulle voorstede 'n inwonertal van meer as 100 000 het. Die grootste stedelike gebiede is Parys (11,2 miljoen inwoners), Lyon (1,7 miljoen inwoners), Marseille (1,5 miljoen inwoners), Lille (1,2 miljoen inwoners) en Toulouse (1,1 miljoen inwoners).
Frankryk het na Duitsland die tweede grootste bevolking van die Europese Unie. Anders as in Duitsland is daar 'n aansienlike natuurlike bevolkingsgroei, met 792 600 geboortes teenoor 560 300 sterfgevalle in 2003. Die geboortekoers bedra in dié jaar 1,9. In 2003 is 280 300 huwelike gesluit.
Op 1 Januarie 2004 is 25,3 persent van die Franse jonger as twintig en 16,2 persent ouer as 65 jaar. Die gemiddelde lewensverwagting van vroue is 83,8 jaar, die van mans 76,7 jaar.
Die amptelike taal in die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede is Frans, tog praat die grootste deel van die Franse bevolking 'n plaaslike dialek. Naas Frans bestaan daar 'n aantal inheemse tale soos (Baskies, Bretons, Katalaans, Korsikaans, Nederlands (Vlaams), Duits (Elsassies), Oksitaans), maar die Franse regering en skoolstelsel het die gebruik van hierdie tale sterk afgeraai tot redelik onlangs.
Geloof
Frankryk is 'n laisistiese republiek waar staat en godsdienstige gemeenskappe streng van mekar geskei word. Die staat hou geen statistiek oor die gelowe van sy burgers nie, en alle gegewens berus op skattings of inligting wat deur die gemeenskappe self verskaf word.
Die 2003 CIA World Factbook lys die gelowe van Frankryk as :
Katoliek 83-88%, Protestants 2%, Joods 1%, Moslem (Noord-Afrikaanse werkers) 5-10%, ongebonde 4%.
Volgens skattings, wat op demoskopiese navorsing baseer, is daar 3 miljoen Moslems, 1 miljoen Protestante, 600 000 Boeddhiste, 530 000 Jode en 150 000 ortodokse Christene.
Kultuur
Hoofartikel: Kultuur van Frankryk
- Académie française
- Franse filmkuns
- Franse Literatuur
- Bekende Franse Persone
- Franse kookkuns
- Musiek van Frankryk
Allerlei
26 Desember
Die hoofstad en mees bekende stad Parys is ook die tuiste van die Eiffeltoring, 'n toring van staal opgerig in 1889. Frankryk beskik oor 265 verskeie soorte kaas, 400 skigebiede, 3 430 km kuslyn en die hoogste berg van Europa, die Mont Blanc (4 807 m). Daar is ook sowat 11 000 kampeerterreine en 120 000 km wandelpaaie.
Sien: Lys van stede in Frankryk
Sien ook
Category:Frankryk
Category:Lande in Europa
Eksterne verwysings
als:Frankreich
fiu-vro:Prantsusmaa
ja:フランス
ko:프랑스
ms:Perancis
simple:France
th:ประเทศฝรั่งเศส
zh-min-nan:Hoat-kok
Frans (taal)
Die Franse taal behoort tot die Romaanse groep van die Indo-Europese tale. Van alle Romaanse tale het dit ten opsigte van sy struktuur en uitspraak die sterkste wegbeweeg van die oorspronklike Latyn.
Frans is naas Engels die enigste wêreldtaal wat op vyf vastelande gepraat word, en dit is die amptelike of verkeerstaal van meer as die helfte van die Afrikalande. Dit is ook een van die belangrikste tale van die internasionale en diplomatieke verkeer, 'n beduidende onderwystaal en die taal van internasionale organisasies soos die UPU (Wêreldposunie).
Taalgeskiedenis
Keltiese invloede
Die oorspronklike Gallies ('n Keltiese taal) is na die Romeinse verowering van Gallië oor 'n tydperk van vyf eeue deur die Latynse taal verdring, waarby die stedelike gebiede, die administrasie, die Romeinse garnisoene en die skoolstelsel die voortou neem. In teenstelling met hierdie instellings bewaar die platteland die Keltiese taal nog in die 5de eeu n.C. Net 'n klompie woorde (soos petit "klein", lieu "myl" en brasser "brou") en plekname (met byvoorbeeld die agtersetsel -ac soos in Cognac) het tot vandag van die Galliese taal oorgebly.
Die feit dat die Kelte nie die desimale stelsel met die getal tien as basis gebruik nie, maar die getal twintig, leef voort in die Franse woord quatre-vingts ("tagtig", eintlik "vier (keer)-twintig", naas die uit die Latynse taal oorgeërfde woord octante, wat in Kanada, België en Switserland gebruiklik is, of huitante, 'n Belgiese en Switserse term).
Frankiese invloede
Met die Germaanse invalle van die Wes-Gote in Akwitanië, die Boergondiërs in die ooste en veral die Franke in die noorde van die huidige Frankryk begin die neergang van die Galloromeinse kulturele lewe. Alhoewel die Germane die verromanisering van die land veral danksy die magsposisie van die Katolieke kerk, wat as bewaarder van die antieke Grieks-Latynse kultuur optree, nie meer kan keer nie, oefen hulle tog 'n groot invloed by die vorming van die Gallies-Franse variant van die Vulgêrlatynse taal uit, wat later aan die Franse taal sy besondere karakter binne die Romaanse taalfamilie gee.
Die Franke kom oorspronklik uit die gebied van die Nederryn en Weser (in die huidige Duitsland) en trek in die tydperk van die volksverhuising verder wes- en suidwaarts. Die huidige Frankiese taalgebied sluit die gewes Franken in Noord-Beiere en Noord-Württemberg, Suid-Thuringe, Hessen, Noord-Baden, Rynland-Palts, die noordelike Elsas, Lotaringe, Saarland, Luxemburg, die Rynland, die Duitstalige gebiede van Oos-België, die Nederryn-gebied, Limburg, Holland, Seeland, Brabant en Vlaandere in. Omtrent 500 is Keulen die sentrum van die Frankiese gebied.
Vanaf die agste eeu maak destydse geskiedkundiges 'n onderskeiding tussen die Saliese Franke (in die gebied van die huidige België en Nederland; die naam is afgelei van Oudhoogduits sal, sala "heerskappy" of Latyns salii "bewoners van die soutseegebied") en die Ripuariese Franke van die huidige Duitse Rynland. Die Saliese Franke het nouer bande met die Romeine en is die leiers by die uitbreiding van die Frankiese magsgebied in die vierde en vyfde eeu.
Teen die jaar 500 bereik hulle die Loire in die huidige Frankryk. Die Franke is die eerste Germaanse volk wat 'n nasionale en taalbewussyn ontwikkel. In Duitsland word die Middel-, Ryn-, Suidryn- en Oos-Frankiese gebiede drie eeue later belangrike sentra van die Oudhoogduitse skryftaal.
Die Frankiese koning Clovis neem in 496 die Katolieke geloof aan en verseker sodoende die steun van die geestelikheid vir sy heerskappy. Dit is veral die klerus en die Romaanstalige stede wat by die Frankiese veroweraars die gebruik van die Latyns-Romaanse taal bevorder.
In wat die Franse taalgebied gaan word, word die Frankiese bevolking - 'n klein minderheid - uiteindelik geleidelik verromaniseer, maar hierdie proses is baie stadig. Die noorde van Frankryk bly eeue lank tweetalig; tekste van Isidor van Sevilla word in die 9de eeu in Neustrië (die gebied tussen die Engelse kanaal, die Bretagne en die Loire) nog steeds in Oudhoogduits vertaal. Ook na die tyd van Karel die Grote tot by die splitsing van die ryk in 843 duur die immigrasie van Franke voort. Die aantreklikheid en superioriteit van die Romaanse kultuur, die Latynse ampstaal van die Merowingiese Ryk en die oormag van die Romaanstaliges is die vernaamste redes vir die feit dat die Frankiese dialekte in Frankryk binne 'n tydperk van sowat driehonderd jaar uitsterf. Omtrent 800 is die meeste Frankiese krygers die Germaanse taal nie meer magtig nie, tog bly jong Frankiese edellui uit die Wes-Frankiese Ryk in die 9de eeu dikwels 'n tyd lank in die Oostelike (Duitse) Ryk om die Frankiese taal aan te leer.
Baie min tekste van die geskrewe Oudhoogduitse taal uit die Karolingiese Ryk is bewaar, onder meer twee sogenaamde geselsboekies uit Parys en Kassel wat voorbeelde gee van die Oudhoogduits-Frankiese taal: Wer pist du? Wanna quimis? Fona weliheru lantskeffi sindos? (Nieuhoogduits: Wer bist du? Woher kommst du? Aus welcher Gegend reist du an?) In die tydperk tussen 850 en 1000 verstewig ook die Romaans-Germaanse taalgrens in die noorde, waar vanaf die 9de eeu die Nederfrankiese en uiteindelik Nederlandse dialekgebied ontstaan.
Talle van die morfologiese en sintaktiese veranderings wat die Galloromaanse taal ondergaan is deur die invloed van die Frankiese taal veroorsaak. Die Oudfranse klanke toon meer ooreenkomste met dié van Germaanse tale as met die Vulgêrlatynse taal.
Die Frankiese ontlenings in die Oudfranse taal weerspieël natuurlik talle aspekte van die Frankiese kultuur; dit is veral woorde uit die krygskuns soos beffroi (van Frankies - bergfrid "wagtoring"), regswese en politiek (Frans fief "leen" van Frankies - vehu "vee, fortuin"; Middellatyns feudum), hofhouding (Oudfrans maréchal "perdekneg" van Frankies - marahskalk), huisbou en huisraad (Frans malle "reiskoffer" van Frankies - malha), werktuie en gereedskap, natuurlewe (Frans forêt "bos" van Frankies forhist; jardin "tuin" van Frankies - gards), landbou, klerasie (Frans gant "handskoen" van Frankies wantu), liggaamsdele en ander gebiede. Ook 'n aantal voor- en agtervoegsels is van Frankiese herkoms, soos mé- "mis-" in byvoorbeeld méconnaître en mépriser, -ard en -art uit Frankies -hart en -hard. Die agtervoegsel -ard is in die Nieufranse taal nog steeds produktief en kom voor in woordvormings soos vieillard ("grysaard", "ou man"), canard ("eend"), campagnard
("plattelander") en dreyfusard (histories, "aanhanger van Dreyfus")
Die omgangstaal in die suide van Frankryk word nie deur hierdie veranderings beïnvloed nie.
Oudfrans
Die Oud-Franse taal het geleidelik uit die Vulgêrlatynse omgangstaal van Gallië (lingua rustica romana) ontstaan; die oudste Franstalige dokument van 842 is die Straatsburgse Ede (Latyns: Sacramenta Argentariae) wat deur Lodewyk die Duitser en Karel die Kale tydens die stryd teen hulle broer Lotharius afgelê is. Karel het die Germaanse (Oudhoogduitse), Lodewyk die Romaanse (Oudfranse) taal gebruik. Die skrywer van die eed wat gewoonlik net Latynse tekste moet handhaaf het gesukkel met die opskryf van die destydse spreektaal, en daar is soms twee spellings vir woorde soos "fradre" (wat ook as "fradra" voorkom). Lodewyk se woorde in Oudfrans:
Romaans
Pro Deo amur et pro christian poblo et nostro commun salvament, dist di in avant, in quant Deus savir et podir me dunat, si salvaraeio cist meon fradre Karlo, et in adiudha et in cadhuna cosa, si cum om per dreit son fradra salvar dist, in o quid il mi altresi fazet; et ab Ludher nul plaid numquam prindrai, qui meon vol cist meon fradre Karle in damno sit.
Die bostaande teks in die Oudfranse taal van die 11de eeu:
Por dieu amor et por del cretsiien poeple et nostre commun salvement, de cest jorn en avant, quan que Dieus saveir et podeir me donet, si salverai jo cest mine fredre Charlon, et en aiude, et en chascune chose, si come on par dreit son fredre salver deit, en ço que il me altresi façet, et a Lodher nul plait onques ne prendrai, qui mien vueil cest mien fredre Charlon en dam seit.
11de eeu
Die huidige Franse vertaling:
Pour l'amour de Dieu et pour le peuple chrétien et notre commun salut, de ce jour en avant, en tant que Dieu savoir et pouvoir me donne, si défendrai-je mon frère Charles (et lui serai) en aide et en chaque chose, ainsi qu'un homme par droiture son frère doit défendre en chose que lui également ferait, et avec Lothaire aucun accord jamais ne prendrai qui de mon vouloir, à ce mien frère Charles à dommage soit.
Met die Verdrag van Verdun (843) begin die skeiding van die Wes-Frankiese (Francia occidentalis, hiervan is ook die moderne naam France "Frankryk" afgelei) en die Oos-Frankiese Ryk (Francia orientalis), wat later as Duitsland bekend staan.
Die Oudfranse taal (langue d'oïl; vergelyk Oksitaans, die langue d'oc) wat tussen 850 en 1350 in Noord-Frankryk gepraat word bestaan eintlik uit 'n handvol dialekte soos Normandies, Pikardies, Sjampanjies, Fransies en Lotaringies wat almal ook as skryftale dien. Langsamerhand begin die streektaal van die Île-de-France rondom Parys, die Fransiese dialek, omtrent 1200 die standaardtaal van digters en ander skrywers word.
Die Oudfranse klankstelsel verskil sterk van die moderne Frans; daar is net 16 klinkers in die Frans wat vandag gepraat word terwyl die Oudfranse taal oor nog nege vokale, vyf nasale, twaalf diftonge, vyf nasaaldiftonge en drie triftonge beskik. Die letter c word voor die medeklinkers e en i nog met 'n affrikaat /ts/ uitgespreek, en die g in estrange klink nog soos die g in Engels gentleman. Desgelyks versag die uitspraak van die "j" en "ch" ook eers later. Die Middelengelse taal het hierdie Oudfranse klanke uit die Anglo-Normandiese dialek oorgeneem wat na die verowering van Engeland eeue lank as ampstaal gepraat is; Engelse woorde soos judge and change het die ou j- en g-klanke bewaar, terwyl die moderne Frans juge en changer met 'n sagte "j" en "ch" laat begin.
Aan die einde van die 12de eeu verdwyn ook die "s" indien dit deur 'n medeklinker opgevolg word: feste word geleidelik fête (die accent circonflexe, of kappie, dui aan dat die "s" verdwyn en die uitspraak van die "e" verander het). Ook in hierdie geval het die Engelse taal die ou klanke bewaar: fête - feast, bête - beast, tempête - tempest, hôtel - hostel (die Franse hôtel is later nog eens as hotel oorgeneem).
Die woordvolgorde is - veral in die digkuns - nog taamlik vry soos in die Latynse oorsprongstaal, terwyl die ses Latynse naamvalle verdwyn het. Die Oudfranse taal ken die subjeks- en objeksnaamval (rektus en obliquus) en onderskei maskulina en feminina by selfstandige naamwoorde en byvoeglike naamwoorde. Aangesien die kenmerkende uitgange van die werkwoorde persoons- en getalverskille aandui, word nog geen persoonlike voornaamwoorde benodig nie. Die dubbele ontkenning met ne... pas bestaan nog nie in die Oudfranse taal nie, die konstruksie met ne... is voldoende. Ook die tye word gewoonlik sonder vaste reëls gebruik.
Die 12de eeu word deur 'n sterk belangstelling vir die Latynse taal gekenmerk. Dit is veral lede van die klerus wat die werke van klassieke outeurs kopieer, en Latyn oorheers die akademiese lewe aan die Universiteit van Parys wat teen die begin van die 13de eeu opgerig is. Latyn bly die taal van die hoër onderwys, die regswetenskap, die kerk, die wysgerige en wetenskaplike letterkunde. Net die geskiedskrywers en digters verkies die Oudfranse taal. Die digkuns vind sy inspirasie in die ou klassieke mites wat as Christelike en hoofse verwerkings nuwe aandag vind, die Kelties-Bretonse Artussage (matière de Bretagne), die literêre opbloei van die Oksitaanstalige Suid-Frankryk waarvandaan talle leenwoorde soos amour kom en met die kruistogte ook die Oosterse luukse van die Bisantynse Ryk. Vir die hoofse romans word 'n verfynde taal ontwikkel wat met die uitbreiding van hierdie genre van Oudfrans die leidende literêre taal van Europa maak.
: Guiot de Dijon: Chanterai por mon corage (geskryf tydens die Derde Kruistog van 1189)
: Chanterai por mon corage
: Que je vueil reconforter,
: Qu'avecques mon grant domage
: Ne quier morir ne foler,
: Quant de la terre sauvage
: Ne voi mes nul retorner
: Ou cil est qui rassoage
: Mes maus quant g'en oi parler.
: Dex, quant crïeront "Outree",
: Sire, aidiés au pelerin
: Par cui sui espaventee,
: Car felon sont Sarazin.
: Guiot de Dijon: Ek gaan sing om my hart te vertroos
: Ek gaan sing om my hart te vertroos
: Want ek wil nie sterf of mal word nie
: Ondanks my groot kwelling.
: Ek kan niemand sien
: Wat van die wilde land terugkom nie.
: Waar is die een wat my hart gerus kan stel
: Wanneer ek hoor dat iemand van hom praat.
: God! As hulle "Outree" roep, staan die pelgrim by
: Vir wie ek sidder,
: Want die Sarasene is verraderlik.
Middelfrans
Die Middelfranse tydperk begin omtrent 1350 en eindig met die 15de en 16de eeu.
Na die uitbreek van die Honderdjarige Oorlog tussen Frankryk en Engeland is 'n agteruitgang van die literêre lewe te bespeur, terwyl daar ingrypende veranderings op die gebied van die klankstelsel plaasvind wat ook die sinsbou raak. Die diftonge verander grotendeels tot monoftonge, die "s" voor die medeklinkers verdwyn net soos die "e" indien dit aan die woordeinde staan of nie beklemtoon word nie. Aangesien die "s" die naamvalle, meervoud en persoon aangedui het, word 'n onbepaalde lidwoord vir die meervoudsvorm geskep en voor die werkwoord staan nou verpligte persoonlike voornaamwoorde. Die vervoeging en verbuiging word vereenvoudig, die woordvolgorde (wat nou gereeld as subjek - werkwoord - objek genormeer word) en die gebruik van die tye word aan vaste reëls onderwerp.
Die belangrikste wysigings op die gebied van die grammatika is die dubbele ontkenning met ne... pas, die ontwikkeling van die futur proche met aller + infinitief en die refleksiewe vorm van die werkwoord wat nou in plaas van die passief gebruik word.
Terwyl talle Germaanse leenwoorde uit die Middelfranse taal verdwyn, oefen die klassieke tale en Italiaans 'n sterk invloed op die Franse taal uit. Daar is 'n behoefte om steeds meer vakterme te skep, en mettertyd beskik die Middelfranse taal oor doeblette van Latynse woorde wat sowel in 'n oorgeërfde asook in 'n nuut ontleende vorm bestaan, soos chose - cause (van Latyns causa) en loyal en légal (van Latyns legalis, -e).
In die laat Middelfranse periode vanaf die 15de eeu begin die standardisering van die Franse taal; woordeboeke en grammatika's word uitgegee en bevorder saam met die uitgebreide boekdrukkery die eenvormigheid van die taal en sy spelling. Taalpurisme en die leidende rol wat die hoofse taal nou begin speel is kenmerke van die laat Middelfranse taalontwikkeling.
Lefèvre d'Étaples vertaal die Nuwe Testament in 1523, vyf jaar later is ook die Hebreeuse Geskrifte in Frans beskikbaar, ondanks die hewige kritiek vanuit geleerde kringe - met name die Sorbonne. Met die vertaling van Johannes Calvyn se werke vanaf 1541 word Frans die taal van die Hugenote.
Vanaf die 16de eeu lewer 'n aantal digters die bewys dat Frans as taal van die wetenskap, wysbegeerte en digkuns sonder meer met Latyn kan meeding. Die digter François Rabelais (omtrent 1494-1553) beskik byvoorbeeld oor 'n geweldige woordeskat en skep ook sy eie neologismes wat van sy Frans 'n tot dusver ongekende uitdrukkingsmiddel maak. Pogings om die Franse spelling by die moderne taalgebruik en uitspraakgewoontes aan te pas misluk egter, en die geleerdes voer selfs 'n historiese spelling in waar medeklinkers wat lankal verstom is weer geskryf moet word om die Latynse oorsprong van woorde aan te dui. Woorde soos sept (sewe, van Latyns septem), temps (tyd; weer, van Latyns tempus) en vingt (twintig, van Latyns viginti) is voorbeelde van die histories-etimologiese spelling.
Nieufrans
In die 15de en 16de eeu begin die geleidelike oorgang na die moderne Nieufranse spreektaal. Die oorgangstydperk word gekenmerk deur 'n noukeurige slyping van die taal. Die Edik van Villers-Cotterêts bepaal in 1539 dat Frans (of beter, die standaardtaal van die Île-de-France rondom Parys) die enige ampstaal van die Koninkryk Frankryk gaan wees (la seule et unique langue du Royaume de France).
In dieselfde jaar verskyn die eerste woordeboek van die Franse taal. Grammatikale publikasies en nuwe woordeboeke, wat in die volgende dekades aamgestel word, slaag daarin om die taal te standardiseer. Die hoofinvloede in die tyd is die Italiaanse renaissance en die humanisme. Terwyl die een die Latynse oorsprong van die Franse taal beklemtoon, bevorder die ander die rol van die volkstaal.
Die hoofse digter Malherbe (1555-1628) oefen teen die begin van die 17de eeu 'n groot invloed op die klassieke taal uit. Hy suiwer die taal van neologismes en invloede van die streekdialekte. Die harmonie van die taal en sy algemene verstaanbaarheid is sentrale oogmerke van sy taalkundige werk. Hy begin die sinsbou harmoniseer, bevorder die gebruik van die persoonlike voornaamwoord (wat in Latyn en die meeste Romaanse tale nie gebruik word nie) en keur die inversie van die subjek af.
Die Italiaanse Accademia della Crusca gee die aanleiding vir die stigting van die Académie française (1635) wat hom op taalsuiwering, die grammatikale taalontwikkeling en die retoriek gaan toespits. Kardinaal Richelieu, die beskermheer van die akademie, laat in 1694 'n nuwe woordeboek en grammatika deur die taalkundiges saamstel. Dit is ook die akademie wat nou die taalbeheer gaan uitoefen.
Die 17de eeu word die klassieke eeu van die Franse letterkunde, en die filosoof René Descartes (1596-1650) lewer met sy werke die bewys dat die Franse taal wetenskaplike en wysgerige gedagtes net so gemaklik kan formuleer soos Latyn, wat nou ten gunste van Frans op alle gebiede afgeskaal word. In adellike kringe raak die salons baie gewild; hier kuier die edeles in die huise van aristokrate en bestudeer literêre werke. Dit is die salon van die Madame de Rambouillet, later dié van Madame de Sablé, Madame de Maintenon en veral Mademoiselle de Scudéry wat die taal deur die bespreking van literêre, wetenskaplike en amoureuse sake laat opbloei. Die Presieuses, soos hulle genoem word, beywer hulle vir 'n verhewe taalgebruik, wat nuwe, geesryke woordskeppings soos enthousiasmer en féliciter insluit. Byvoeglike naamwoorde, wat uiterste toestande kan beskryf, is baie gewild onder die Presieuses; uitdrukkings soos terrible, horrible, admirable, furieux en effroyablement is tipiese neologismes van hierdie tydperk. Nederige en onbeskaafde uitdrukkings word vermy en met behulp van nuwe woorde omskryf. Die digter Molière (1622-1673) bespot die salongangers in sy Femmes Savantes (Geleerde Vroue) en Précieuses Ridicules. Tog lewer hulle 'n waardevolle bydrae tot die ontwikkeling van die Franse taal wat in Europa vanaf die vroeë 18de eeu die taal van die beskaafde kringe en die diplomatie word. So praat en skryf die Pruisiese koning Frederik die Grote oorwegend Frans, terwyl sy Duits steeds gebrekkig bly.
Die uitspraak, woordvorming en sinsbou van Frans begin al in die 17de eeu verstewig. In die tyd voor die Franse Rewolusie word die woordeskat nog eens deur regionale en woorde uit die volkstaal verryk, waarby die literêre werk van onder meer Rousseau en Diderot 'n belangrike rol speel. Engelse en Duitse vakterminologie uit die politieke sfeer, die sport, mynbou en geologie word ontleen. Die sentralisering van die administrasie in die verloop van die Franse Rewolusie versterk weer eens die posisie van die Paryse Frans; tegelykertyd word nuwe begrippe uit die klassieke tale se woordeskat gevorm, wat veral vir die nuwe bedeling en die nuwe maatstelsel benodig word: Arrondissement, département, municipalité, préfet; gramme, mètre, kilomètre en litre is neologismes uit hierdie tydperk. Aangesien teen die einde van die 18de eeu sowat 'n kwart van die bevolking die Franse taal nie magtig is nie, word die streekdialekte en die tale van die minderhede verdruk.
Die digters van die 19de eeu poog om die woordeskat van die taal verder uit te brei; bronne is die taal van die 15de en 16de eeu, streekdialekte en die omgangstaal. Dit is die tydperk van die nominalisme, 'n styl wat werkwoorde en byvoeglike naamwoorde deur nominale konstruksies vervang, en die begin van die sterk Engelse invloed. Die Franglais, 'n taalgebruik wat deur 'n groot aantal anglisismes gekenmerk word, word deur die owerhede bestry.
Die moderne omgangstaal met sy talle afwykings van die grammatikale norme, die sogenaamde français avancé (Gevorderde Frans), gee 'n indruk van wat moontlik in die toekoms die nuwe standaardtaal sal wees. So is byvoorbeeld die dubbele ontkenning aan die verdwyn, en ne...pas is in die omgangstaal al vereenvoudig tot pas.
Taalregisters
Daar bestaan 'n enorme kloof tussen die literêre taal, wat deur die taalbouers geslyp word, en die algemene omgangstaal. Die norme van die skryftaal en korrekte spreektaal - français écrit en français parlé correct - geld nie noodsaaklik vir die gewone spreektaal - français parlé - nie. Die gesproke Frans het variante soos die langue familière - die omgangstaal van die goed opgeleides, die langue populaire - die algemene omgangstaal - en die argot, die groeptaal van 'n spesifieke beroep, klas of kring.
Die Loi Toubon (Toubon-wet)
Die Loi Toubon, wat op 4 Augustus 1994 deur die Franse parlement aanvaar is, dra die naam van die Franse Minister van Kultuur, Jacques Toubon. Die doelstelling van die wet is die beskerming van die Franstalige verbruikers en werknemers en die bevordering van veeltaligheid, onder meer ook in die media.
Franse vermaaklikheidsprogramme is verplig om ten minste veertig persent Franstalige musiek uit te saai, waarvan die helfte onlangse produksies of werke van jong talente moet wees. As gevolg van die wet bied sommige internasionale kunstenaars nou 'n Franstalige versie van hulle treffers aan. Die wet verbied verder die gebruik van anglisismes in 'n amptelike of openbare konteks. Advertensies mag byvoorbeeld geen Engelse leuse sonder Franse vertaling bevat nie.
Kritici wys op die feit dat bepaalde woordvormings, wat deur die owerhede vasgelê is, in die omgangstaal steeds nie gebruik word nie - die amptelike term vacancelle byvoorbeeld het die Engelse leenwoord week-end nie verdring nie. Die Kanadese Frans gebruik egter uitsluitlik die term fin de semaine.
Tog is daar op baie gebiede suksesvol Franse neologismes geskep, byvoorbeeld in die rekenaarwetenskap, waar net ordinateur (rekenaar), logiciel (sagteware) en matériel (hardeware) gebruiklik is.
Frans in Suid-Afrika
rekenaarwetenskap
Danksy die immigrasie van 'n aantal Hugenote-gesinne na die Kaap is tussen 1688 en die vroeë 18de eeu 'n tyd lank Frans aan die Kaap gepraat. Suid-Afrika se Hugenote is oorspronklik Franse vlugtelinge, wat 'n toevlug in Nederland gevind het en later deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie aangemoedig is om na die Kaap te emigreer.
Vir die kompanjie was 'n Franstalige gemeenskap in die Kaap egter nie wenslik nie, en hulle het maatreëls getref om die immigrante so vinnig moontlik te laat vernederlands.
Vandag is daar nog talle plek- en familiename van Franse oorsprong in Suid-Afrika. Franschhoek, een van die sentrums van die Franse setlaars, het selfs Franse straatborde. Sedert 1994 lei immigrasie uit die res van Afrika ook tot beduidende Franssprekende gemeenskappe in Suid-Afrika in plekke soos Muizenberg.
Kaapstad beskik oor 'n Franse skool, die L’École française François-le-Vaillant du Cap. Verder is die [http://www.alliance.org.za/ Alliance Française] teenwooordig in meeste groot sentra in Suid-Afrika en bevorder die [http://www.ifas.org.za/ Franse Instiuut] (Frans: Institut français d'Afrique du Sud (IFAS)) kulurele, navorsing en taal betrekkinge met die Franssprekende wêreld.
Eksterne skakels
- [http://www.majstro.com/Web/Majstro/dict.php?gebrTaal=eng&prec=1&bronTaal=fra&doelTaal=afr Woordeboek Frans-Afrikaans-Frans]
Category:Franse taal Category:Frankryk
als:Französische Sprache
ja:フランス語
ko:프랑스어
simple:French language
th:ภาษาฝรั่งเศส
zh-min-nan:Hoat-gí
ÖlandÖland is 'n eiland in die Oossee. Teen 1 342km² is dit die tweede grootste eiland wat aan Swede behoort, na Gotland. Dit is deel van die Kalmar Län.
Kalmar Län
Dit is die eiland van die:
- Oelandia, of Öland — a historiese Provinsie van Swede
- Ölands Län, — a voormalige administratiewe en polititiese subafdeeling (län) van Swede
- Borgholm Munisipaliteit, of Borgholms kommun — a huidige Munisipaliteit van Swede
- Mörbylånga Munisipaliteit, of Mörbylånga kommun — a huidige Munisipaliteit van Sweden
Kategorie:Sweedse eilande in die Oossee
-
EuropaLande van Europa
- Albanië
- Andorra
- Belarus
- België
- Bosnië-Herzegowina
- Bulgarye
- Ciprus
- Denemarke (Sien ook: Groenland en die Faroëreilande)
- Duitsland
- Estland
- Finland (Sien ook: Lapland)
- Frankryk
- Griekeland
- Hongarye
- Ierse Republiek
- Italië
- Kroasië
- Letland
- Liechtenstein
- Litaue
- Luxemburg
- Malta
- Moldawië (Ook bekend as Moldowa)
- Monaco
- Nederland
- Noorweë (Sien ook: Lapland)
- Oekraïne
- Oostenryk
- Pole
- Portugal
- Roemenië
- Rusland
- San Marino
- Slowakye
- Slowenië
- Spanje
- Swede (Sien ook: Lapland)
- Switserland
- Tsjeggië
- Turkye
- Vatikaanstad
- Verenigde Koninkryk (Sien ook: Engeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland)
- Ysland
Minnan
Category:Europa
als:Europa
ja:ヨーロッパ
ko:유럽
ms:Eropah
roa-rup:Evropa
simple:Europe
th:ทวีปยุโรป
zh-min-nan:Europa
Luxemburg
Die Groothertogdom Luxemburg is op een na die kleinste staat van die Europese Unie, met 'n oppervlakte van 2 586 km² en 451 600 inwoners (2004).
Geskiedenis
:Hoofartikel: Geskiedenis van Luxemburg
Koning Lotharius II van Lotaringe (omtrent 835-869) gee die gebied van Luxemburg as leen aan die abdy van Sint Maximinus van Trier (Duitsland). Die owerstes van die klooster regeer Luxemburg as leenhere in die 9de en 10de eeu. Die burg wat tot beskerming van die streek opgerig word verleen sy naam aan die omliggende gebied. Die vroegste dokument waarin die naam Luxemburg verskyn dateer uit die jaar 963 toe graaf Siegfried Lucilinburhuc, die "klein burg" op die rotse van die huidige stad koop.
Luxemburg bly tot 1443 'n onafhanklike graafskap en later hertogdom binne die verband van die Heilige Romeinse Ryk. Tydens die 14de eeu kom Duitse konings en keisers vanuit Luxemburg: Hendrik VII, hertog van Luxemburg en keiser van die Heilige Romeinse Ryk (1308-1313); Johan die Blinde, graaf van Luxemburg en koning van Boheme; Karel IV, Wenceslous II en Sigismond, keisers van die Rooms-Duitse Ryk en konings van Boheme. Keiser Karel IV (1347-1378) verhef Luxemburg tot hertogdom (1354).
Tussen 1443 en 1815 word Luxemburg deur buitelandse magte regeer: Deur die Boergondiërs (1443 tot 1506), deur die Spanjaarde (1506 tot 1684), deur die Franses (1684 tot 1697), deur die Oostenrykers (1714 tot 1795), en 'n tweede keer deur die Franses (1795 tot 1814).
Die Kongres van Wene (1815) verleen die onafhanklikheid aan Luxemburg, as deelstaat van die Duitse Statebond en in personele unie met die koning van Nederland. Eers met die Verdrag van Londen (1839) verkry die groothertogdom sy volle soewereiniteit, wat egter nog twee keer - tydens die Eerste en Tweede Wêreldoorlog - geskend word. Die land word in sy geskiedenis ook drie keer gedwing om gebiede aan Frankryk, België en Duitsland af te staan, maar vandag is Luxemburg 'n trotse lid van die Europese Unie wat ondanks die noue samewerking met sy bure sy onafhanklikheid bewaar. Die nasionale leuse is dan ook "Mir wëlle bleiwe wat mir sinn" (Ons wil bly wat ons is).
Politiek
Die Groothertogdom Luxemburg is 'n konstitusionele monargie met 'n parlementêre demokratiese stelsel. Die Groothertog is volgens die Luxemburgse Grondwet van 1868 die staatshoof. Die parlement met een kamer (Frans: Chambre des Députés) is die wetgewende orgaan van Luxemburg. Nasionale verkiesings vind elke vyf jaar saam met die verkiesings vir die Europese Parlement plaas. Luxemburgers, wat in die amptelike kiesersregister gelys is, is verplig om aan die verkiesings deel te neem.
Die uitvoerende gesag lê by die Groothertog en die regering. Die destydse regering beklee sy amp sedert 31 Julie 2004 en word gevorm deur die Eerste Minister Jean-Claude Juncker, wat ook die tradisionele titel Staatsminister dra, twaalf ministers, 'n adjunk-minister en 'n staatssekretaresse. Die Staatsrad met 27 lede dien as 'n raadgewende orgaan, en nege lede word respektiewelik deur die parlement, die Groothertog en die Staatsraad self benoem.
Die belangrikste politieke partye in Luxemburg is die Chrëstlich-Sozial Vollekspartei (CSV, Christelik-Sosiale Volsparty), die Lëtzebuergesch Sozialistesch Arbechterpartei (LSAP, Luxemburgse Sosialistiese Arbeidersparty), die Demokratesch Partei (DP, Demokraties-Liberale Party), die Gréng Alternativ/Gréng Lëscht Ekologesch Initiativ (Ekologiese Party) en die Aktiounskommittee fir Demokratie an Rentengerechtegkeet (Protesbeweging).
Geografie en klimaat
Jean-Claude Juncker
Jean-Claude Juncker
:Hoofartikel: Geografie van Luxemburg
Luxemburg word soms die "groen hart" van Europa genoem, en Julius Caesar beskryf reeds die ondeurdringbare bosgebiede van die streek.
Uitlopers van die Ardenne- en Eifelgebergtes strek tot by die Ösling, die landskap in die noordelike deel van Luxemburg, wat deur bebosde heuwels, klein riviere en valleie gekenmerk word.
Die Gutland, die suidelike landskap, is 'n vlakte met bosgebiede, klein riviere, weivelde, akkerland en wingerde.
Die belangrikste riviere van Luxemburg is die Mosel (Frans: Moselle), wat in die ooste ook die grens met Duitsland vorm, die Sauer, die Our en die Uelzecht (Frans: Alzette).
Die klimaat van die groothertogdom word deur die westerse Atlantiese winde beïnvloed, die temperatuure en reënval is gevolglik gematig.
Ekonomie
:Hoofartikel: Ekonomie van Luxemburg
Met die opbloei van die staalnywerheid aan die begin van die 20ste eeu word Luxemburg een van die welvarendste Europese nasies. Vandag is die land een van die finansiële sentra van Europa, en danksy die voordelige belastingwetgewing lok Luxemburg groot en klein beleggers. Ander belangrike sektore van die ekonomie is handel en vervoer, assuransiemaatskappye, media en radio- en televisiemaatskappye wat ook programme vir die buurlande uitsaai. Die Luxemburgse onderneming SES-Global is die grootste satellietmaatskappy ter wêreld. Satelliet-TV-, -radio-, en -datatransponders word vir heel Europa aangebied. Die belangrikste uitvoergoedere is metale, masjiene, plastiek en industriële gom.
Demografie
:Hoofartikel: Demografie van Luxemburg
Naas die inheemse Mosel-Frankiese Lëtzebuergers is daar sowat 174 200 buitelanders, veral Portugese (63 800), Franses (21 100), Italianers (18 900), Belgiërs (16 000), Duitsers (10 300), Britte (4 600), Nederlanders (3 600) en Spanjaarde. Meer dan 90% van die bevolking is Rooms-Katoliek. Die grootste stede naas Luxemburg (stad) is Esch-sur-Alzette, Déifferdeng (Frans: Differdange, Duits: Differdingen), Diddeleng (Frans: Dudelange, Duits: Düdelingen) en Sanem. Echternach is 'n bekende bedevaartsentrum en toeristebestemming.
Taalbeleid
Echternach
Weens die noue politieke en ekonomiese bande met België is Frans die taal van die administrasie en wetgewing, terwyl die koerante in Duits verskyn. Die inheemse dialek en omgangstaal, Lëtzebuergesch, is 'n Mosel-Frankiese streektaal wat tot die Middelduitse groep van dialekte behoort. Net soos die Switsers-Duitse dialek in Switserland raak Lëtzebuergesch sedert die Tweede Wêreldoorlog al hoe meer gewild en ontwikkel tot die derde amptelike taal. Hoewel daar in 1946 pogings onderneem is om die spelling te reformeer, volg dit in die algemeen nog steeds meer of minder die reëls van die Duitse taal. Talle vreemde woorde word uit die Franse taal oorgeneem. Meertaligheid beteken in Luxemburg dat net die situasie bepaal watter taal gebruik word: Lëtzebuergesch is die omgangstaal wat ook in die parlement, op die radio en op die televisie gebruik word; Duits is die taal van die meeste koerante; terwyl die onderwys op skool aanvanklik in Duits en later in Frans voorsien word.
Kultuur
:Hoofartikel: Kultuur van Luxemburg
Sien ook
Category:Luxemburg
Category:Lande in Europa
Category:Luxemburg
als:Luxemburg
ja:ルクセンブルク
ko:룩셈부르크
ms:Luxembourg
simple:Luxembourg
th:ประเทศลักเซมเบิร์ก
zh-min-nan:Luxembourg
Switserland
Die Switserse Konfederasie is 'n klein federale staat in Sentraal-Europa, met Duitsland, Frankryk, Italië, Oostenryk en Liechtenstein as aangrensende lande.
Die land het 'n lang tradisie van politiese en militere neutraliteit, maar ook vir internasionale samewerking aangesien dit die tuiste is van baie internasionale organisasies.
Confœderatio Helvetica (CH), die Latynse weergawe van die amptelike naam vermy ‘n keuse tussen die vier amptelike tale. Die afkorting word op soortgelyke manier gebruik; dit word byvoorbeeld gebruik as Switzerland se Internet topvlakdomein, .ch.
Geografie
Kantons
Switserland bestaan uit die volgende kantons (en halfkantons):
Zürich
Zürich
Demografie
Tale
Volgens artikel 4 van die federale grondwet van 1999 is daar vier landstale in Switserland - Duits, Frans, Italiaans en Romansch. Artikel 704 bepaal verder dat Duits, Frans en Italiaans die ampstale van die federale regering is. In die geval van amptelike federale kommunikasie met burgers wat Romansch as huistaal het word ook hierdie taal as federale ampstaal erken.
Alhoewel die Switserse grondwet vier landstale erken, kan 'n mens die land nie as viertalig beskou nie. Slegs die federale regering as 'n instelling gebruik al vier landstale, terwyl die kantons en munisipaliteite meesal slegs een ampstaal erken. Burgers uit anderstalige dele van Switserland het geen wetlike aanspraak daarop om met die plaaslike owerhede in hul eie taal te kommunikeer nie.
Sowat 63,7 persent van die bevolking is Duitstalig, tog word gewoonlik die plaaslike Alemanniese dialek gebruik - selfs in die media en in parlementêre debatte. Hoogduits dien as skryftaal; dit word anders veral by sekere plegtighede of die hoofbulletin van die radio- en televisienuus gebruik.
Zürich (20,4%; pers), Italiaans (6,5%; green), Romansch (0,5%; rooi)]]
20,4 persent van die Switsers is Franstalig, veral in die westelike gebiede van die land, die sogenaamde Suisse romande (Romaanse Switserland). Italiaans is die taal van die kanton Ticino en vier suidelike valleie van Graubünden (Grisons), met sowat 6,5 persent van die bevolking. Romansch, die vierde landstaal, word deur 0,5 persent van die Switsers gepraat, veral in die kanton Graubünden. Feitlik alle Romanschtalige Switsers het Duits as hulle tweede taal.
Nege persent van die Switserse bevolking is van buitelandse afkoms en praat ander tale; die belangrikste immigrantetaal is Serwies-Bosnies-Kroaties met 1,5 persent.
Die meeste Switserse burgers praat naas hul moedertaal 'n tweede landstaal en Engels as vreemde tale.
Kategorie:Switserland
als:Schweiz
ja:スイス
ko:스위스
ms:Switzerland
simple:Switzerland
th:ประเทศสวิตเซอร์แลนด์
zh-min-nan:Sūi-se
ItaliëDie Italiaanse Republiek of Italië is 'n land in die suide van Europa, wat bestaan uit 'n stewel-vormige skiereiland sowel as twee ander groot eilande in die Middellandse See: Sicilië en Sardinië.
Aan die noordekant word dit begrens deur die Alpe, en grens aan Frankryk, Switserland, Oostenryk en Slovenië. Die onafhanklike lande van San Marino en die Vatikaan is klein ingeslote Italiaanse gebiede.
Geskiedenis
Hoofartikel: Geskiedenis van Italië
Areas
Geskiedenis van Italië
Italië word verdeel in 20 areas (regioni, enkelvoud regione), waarvan vyf 'n spesiale outonome status geniet, aangedui deur 'n - :
- Abruzzo
- Basilicata
- Calabria
- Campania
- Emilia-Romagna
- Friuli-Venezia Giulia -
- Latium (Lazio)
- Liguria
- Lombardye (Lombardia)
- Marche
- Molise
- Piedmont (Piemonte)
- Apulia (Puglia)
- Sardinia (Sardegna) -
- Sicilië (Sicilia) -
- Toskana (Toscana)
- Trentino-Suid Tirol (Trentino-Alto Adige) -
- Umbria
- Aosta Vallei (Valle d'Aosta) -
- Veneto
A area word weer verder verdeel in provinsies.
Geografie
Hoofartikel: Geografie van Italië
category:Europa
als:Italien
fiu-vro:Itaalia
ja:イタリア
ko:이탈리아
ms:Itali
simple:Italy
th:ประเทศอิตาลี
zh-min-nan:Italia
Andorra
Die Prinsdom van Andorra (Katalaans: Principat d'Andorra, Frans: Principauté d'Andorre) is 'n klein landomringde prinsdom in Suidwes-Europa, geleë in die oostelike Pireneë en begrens deur Frankryk en Spanje. Voorheen geïsoleer, vandag is dit 'n vooruitstrewende land veral as gevolg van toerisme en sy status as belastingtoevlugsoord. Andorra is ook deel van die Katalaanse lande en is een van die Europese mikrostate.
Andorra moet nie verwar word met Comune di Andora, 'n klein gemeenskap aan die Italiaanse Riviera di Ponente, nie.
Italiaanse
Eksterne skakels
- [http://www.andorra.ad/ang/home/index.htm Andorra.ad] - Hoofportaal
- [http://www.andorra-intern.com/index_en.htm Andorra-Intern] - Andorra Inside Information
- [http://www.andorraonline.ad/index.asp?newlang=english Andorra Online] - Inligting oor verskeie Andorraanse onderwerpe (in Engels)
- [http://www.cia.gov/cia/publications/factbook/geos/an.html CIA - The World Factbook -- Andorra] - CIA se Factbook oor Andorra
- [http://based.in/?Andorra Finansiele instellings in Andorra]
- [http://www.govern.ad/ Govern d'Andorra] - Amptelike regeringswerf (in Katalaans)
- [http://www.loc.gov/rr/international/hispanic/andorra/andorra.html Library of Congress Portals on the World - Andorra]
fiu-vro:Andorra
ja:アンドラ
ko:안도라
ms:Andorra
simple:Andorra
th:ประเทศอันดอร์รา
zh-min-nan:Andorra
Spanje
Die Koninkryk van Spanje is 'n land aan die suidweste van Europa. Dit deel die Iberiese skiereiland met Portugal en Gibraltar..
category:Spanje
category:Europa
fiu-vro:Hispaania
ja:スペイン
ko:에스파냐
ms:Sepanyol
simple:Spain
th:ประเทศสเปน
zh-min-nan:Se-pan-gâ
FrankeDie Franke was 'n Germaanse volk wat sover bekend vanaf die begin van huidige jaartelling in die huidige Duitsland gewoon het. Hulle kultuur, taal en daaglikse lewens was soortgelyk aan die van verwante Germaanse volke. Daar word aangeneem dat die Franke oorspronklik ontstaan het as 'n vereniging van diverse Germaanse stamme (Latyns: Usipeti, Tencteri, Sugambri en Bructeri) wat die Rynvallei en gebiede direk oos daarvan bewoon het. Gregorius van Tours wat rond 570 'n geskiedenis van die Franke geskryf het, sê dat koning Clovis 'n 'Sicamber' genoem word.
Oorname van die Romeinse gesag
Die (Saliese) Franke dring vanaf 290 oor die grens van die Romeinse Rijk, die Ryn. In 355 verkry hulle van die Romeinse keiser toestemming om as 'bondgenote' op Romeinse gebied in die Skeldevallei en tussen die groot riviere te vestig, om daarna die hele Nederland-benede-die-riviere plus die huidige Vlaandere in besit te neem. Soos later Engeland verloor die gebied so sy Latynse karakter.
In die vyfde eeu n.C. stort die Romeinse gesag in Wes-Europa in duie. In die noordelike Europese streke beteken dit dat die beskawing grotendeels 'n terugval in die prehistorie beleef. Daarom is daar maar weinig betroubare inligtingsbronne oor hierdie tydperk. In 486 -tien jaar na die aftreë van die laaste Wes-Romeinse keiser- verslaan die Frankiese koning Clovis die laaste Romeinse generaal, Syagrius, by Parys. Hulle rig hulle uitbreiding vervolgens op die welvarende suide en van hieruit verower hulle eerstens geleidelik Gallië. Gallië kry die naam Frankryk (die ryk van die Franke), na aanleiding van hulle nuwe heersers.
In die 6de tot 8ste eeu verower hulle geleidelik ook die Germaanse stamlande oor die Ryn en Donau, rofweg die gebiede van die huidige Duitsland en Oostenryk. Onder die Karolingiese dinastie beset die Franke ook nog groot dele van Spanje en Italië en word daarmee die magtigste nuwe staat sedert die val van die (Wes-)Romeinse Ryk.
Die einde van die Franke as aparte volk
In die voorheen Romeinse streke word die Franke geleidelik in die Latynstalige bevolking, wat getalsgewys veel groter was as die klein groep Frankiese heersers, geassimileer. Díe proses het egter baie tyd geneem. Die Frankiese konings hou tot na Karel die Grote (Frans Charlemagne) aan om hulle eie Germaanse dialek te praat.
Situasie in Nederland en België
Die huidige outochtone Nederlanders is grotendeels 'n vermenging van Franke en ander Germaanse stamme. Nederlands en dus Afrikaans, stam daarom waarskynlik vir 'n groot deel af van Nederfrankiese dialekte. Daar het baie min dokumente bewaar gebly wat hierdie veronderstelling kan bevestig. Die Franke het altyd Latyn gebruik as skryftaal. In die gebied van die huidige België is die etniese bewoners in Wallonië grotendeels nog Kelties/Romaans en verder noord is die Frankies/Germaanse element sterker.
In die noordelike dele van Nederland het die Friese vir 'n lang tyd die oppermag, veral langs die kus. Die Franke gaan reeds vroeg, omstreeks 490, tot die katolieke christendom oor. Utrecht was lank 'n Frankiese bolwerk van waaruit probeer is om ook die Friese te kersten (en te onderwerp). Uit díe tyd, die einde van die 8ste eeu, stam die Utrechtse doopgelofte:
- Forsachistu diabolae (?).
- (respondeat:) ec forsacho diabolae.
- end allum diobol gelde (?)
- (respondeat:) end ec forsacho allum diobolgelde
- end allum dioboles uuercum (?)
- (respondeat:) end ec forsacho allum diaboles uuercum and wordum thunaer ande uuoden ende saxnote ende allvm them unholdum the hira genotas sint.
- Versaak jy die duivel?
- (antwoord): ek versaak die duiwel.
- en die duiwelsdiens?
- (antwoord): en ek versaak alle duiwelsdiens.
- en alle werke van die duiwel?
- (antwoord): en ek versaak alle duiwelswerke en -woorde, Donar en Wodan en Saksnoot en alle demone die hulle makkers is'.
Sien ook: Lys van konings die Franke
Kategorie:Frankiese Ryk
Kategorie:Germaanse volk
als:Franken (Volk)
ja:フランク人
Verenigde Koninkryk
Die Verenigde Koningkryk van Groot Brittanje en Noord-Ierland is 'n staat bestaande uit die nasies van Engeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland, ook bekend as die Verenigde Koninkryk (VK, en:UK). Dit is geleë noord van die noord-westelike kus van die Europese vasteland, omring deur die Noordsee, die Engelse Kanaal en die Atlantiese Oseaan.
Die woord Brittanje word soms gebruik om te verwys na die Verenigde Koninkryk.
Geskiedenis
Politiek
Geografie
Atlantiese Oseaan
Ekonomie
Mense
Kultuur
- Lys van stede in die Verenigde Koninkryk
Sport
Eksterne skakels
- [http://www.bbc.co.uk/history/state/nations/ BBC Nations] History of the nations within the UK
- [http://www.bbc.co.uk British Broadcasting Corporation (BBC)]
- [http://www.cia.gov/cia/publications/factbook/geos/uk.html CIA World Factbook: UK]
- [http://www.direct.gov.uk Gateway to UK governmental services and websites]
- [http://www.walkingtree.com/ Mercator's Atlas] Maps of Cornwall & Wales ("Cornewallia & Wallia"), Ireland ("Irlandia"), Scotland ("Scotia") and England ("Anglia") circa 1564.
- [http://www.number-10.gov.uk Number 10 Downing Street]
- [http://www.statistics.gov.uk Office of National Statistics]
- [http://www.opsi.gov.uk Office of Public Sector Information] Source for all UK legislation 1987-present (successor to Her Majesty's Stationery Office)
- [http://www.macs.hw.ac.uk/britishisles/ The British Isles] Independent view of the UK
- [http://www.royal.gov.uk The British Monarchy]
- [http://www.parliament.uk/ The United Kingdom Parliament]
- [http://www.statistics.gov.uk/StatBase/Product.asp?vlnk=5703&Pos=&ColRank=1&Rank=272 UK 2004 Factbook]
- [http://www.ukcities.co.uk UK Cities] lists a variety of useful resources for every city in the UK
- [http://www.justuk.org UK travel guide] United Kingdom for travellers
- [http://www.world66.com/europe/unitedkingdom World66 Guide to United Kingdom] A travel guide written by its users.
- [http://www.multimap.co.uk www.multimap.co.uk] provides online maps and aerial photographs of the UK
- [http://www.streetmap.co.uk www.streetmap.co.uk] alternative to multimap
- [http://www.upmystreet.com www.upmystreet.com] detailed localised information about places in the United Kingdom
Sien ook
Kategorie:Verenigde Koninkryk
Kategorie:Lande in Europa
ja:イギリス
ko:영국
ms:United Kingdom
simple:United Kingdom
th:สหราชอาณาจักร
zh-min-nan:Liân-ha̍p Ông-kok
Franse RewolusieDie geskiedkundige term Franse Rewolusie (wat soms ook die Groot Rewolusie genoem word) verwys na die historiese tydperk tussen 14 Julie 1789 en 9 November 1799 in Frankryk, toe Republikeinse magte die absolute monargie afskaf. Die oorgang na 'n republikeinse staatsvorm, die Eerste Franse Republiek, gaan gepaard met die skeiding van staat en kerk, die afkondiging van talle regte soos die reg op persoonlike vryheid, die pers- en meningsvryheid en die gelykheid van alle burgers voor die wet. Met die beginsel van die volksoewereiniteit word 'n grondwet met regspligte waaraan die staat moet voldoen, 'n onafhanklike regstelsel, die algemene stemreg, 'n geregte belastingwetgewing, die beroepsvryheid en ander regte ingevoer.
Die rewolusionêre tydperk in Frankryk word egter ook gekenmerk deur willekeurige geweld, wat in die terreur van Maximilien Robespierre 'n bloedige hoogtepunt bereik.
Hoewel die republikeinse staatsvorm in Frankryk eers in die jaar 1871 gevestig word, is die Franse Rewolusie een van die ingrypendste historiese omwentelings, nie net vir Frankryk en Europa nie, maar in die ganse wêreldgeskiedenis. Die verreikende gevolge wat dit vir die Westerse beskawing gehad het, lê ingegrif op 'n menige terreine wat wissel van die staatkundige tot die maatskaplike en ideologiese.
Oogmerke
Die rewolusionêre beweging van 1789 streef daarna om die ou stelsel van die feodalisme, absolutisme en die daarmee gepaardgaande standestaat met sy rigiede klasverskille omver te gooi. Sy leuse is "vryheid, gelykheid, broederskap" (Frans: "liberté, égalité, fraternité"). Die Amerikaanse Rewolusie, die onafhanklikheidsverklaring van die veertien kolonies as die Verenigde State van Amerika (1776) en die Verklaring van Menseregte verskaf 'n belangrike voorbeeld vir die Franse Verklaring van Mense- en Burgerregte van 1789.
Voorgeskiedenis
1789
Om die staatsbankrotskap te keer en nuwe belastingswette voor te stel, vergader die Franse State-Generaal (États généraux) op 5 Mei 1789 in Versailles. Die afgevaardigdes sluit 300 verteenwoordigers van die adel, 300 van die stand van die geestelikes (klerus) en 600 burgerlikes in. Nadat die twee bevoorregte stande weier om 'n vrye stemming toe te laat, konstitueer die burgerlikes op 17 Junie as die Nasionale Konstitusionele Vergadering (Assemblée nationale constituante), met graaf Gabriel Honoré Mirabeau (1749-1791) as sy voorsitter. Adel en klerus sluit by die vergadering aan om 'n burgerlik-liberale grondwet uit te werk.
Rewolusie
Op 20 Junie lê die verteenwoordigers in die kaatsbaan van Versailles die eed af dat die Nasionale Vergadering nie ontbind sal word nie voordat 'n besluit oor Frankryk se nuwe grondwet geneem is. Die situasie begin egter handuit ruk met die toenemende rewolusionêre geweld op die strate. Op 17 Julie 1789 storm die Paryse burgers die staatsgevangenis Bastille - een van die simbole van die destydse despotisme - om die gevangenes wat daar aangehou word te bevry. Onder die indruk van die onluste neem die adel op 4 Augustus afstand van sy voorregte, die feodalisme word afgeskaf. Op 27 Augustus word die Verklaring van Menseregte uitgereik. Onder die volgehoue druk van die massas verlaat koning Lodewyk XVI sy kasteel in Versailles om weer in die hoofstad Parys te resideer. Danksy gemagtigdes soos graaf Mirabeau word die monargistiese stelsel egter nog nie aangetas nie.
Die rewolusionêre spits hulle maatreëls aanvanklik daarop toe om die kerk en klerus se invloed te verminder; die staat lê beslag op die goedere van die kerk om sy skuldlas te delg. Volgens die Burgerlike Konstitusie van die Klerus van 12 Julie 1790 word van die geestelikheid geëis om 'n eed op die grondwet af te lê. Die besittings van die kerk en van emigrante word konfiskeer en dien as dekking vir die nuwe papiergeld (assignate) wat nou uitgereik word. Die kulturele stryd begin verskerp; uiteindelik word die besluit geneem om die adel af te skaf.
In die jaar 1791 is die posisie van die monargie vinnig besig om te versleg. Met die afsterwe van graaf Mirabeau verloor die aanhangers van 'n konstitusionele monargie hulle vernaamste woordvoerder. Koning Lodewyk XVI probeer op 20 Junie om te vlug en lê op 14 September selfs 'n eed op die nuwe grondwet af wat op 3 September afgekondig word, die stemming word egter al hoe meer radikaler. By die verkiesing van die Wetgewende Versameling (Assemblée législative), wat op 29 September vir die eerste keer vergader, kry die linksgesindes 'n groot aantal stemme; die Republikeinse Girondiste word die leidende groep.
Aangesien die koning en die emigrante deur die Ou Europa ondersteun word, dwing die gematigde Girondiste Lodewyk XVI in April 1792 om teen die anti-rewolusionêre magte oorlog te verklaar. Die sogenaamde bergparty - met Jean Paul Marat, Georges Jacques Danton en Maximilien Robespierre as sy vernaamste woordvoerders - tree steeds radikaler teen emigrante en priesters wat die eed weier op. Na 'n reeks militêre neerlae storm die rewolusionêre die Tuileries, die koning en sy gesin word in die Temple vasgehou. Die massas op straat begin onder die leiding van die Jakobynse terroriste (wat ook die meerderheid in die nuwe Nasionale Konvent het wat op 20 September vergader) hulle skrikbewind van moord en geweld. Die monargie word op 21 September afgeskaf. Die rewolusionêre kondig die nuwe Franse Republiek af (sogenaamde Eerste Republiek). In Januarie 1793 begin die hofsaak teen koning Lodewyk XVI wat nou as "burger Louis Capet" bekend staan. Op 21 Januarie word Capet tereggestel.
21 Januarie
Capet se dood gee die aanleiding tot rojalistiese en girondistiese opstande, terwyl die ekonomie ingevolge die hoë inflasiekoers verswak. Die assignate verloor steeds meer van hulle waarde. Die radikale trek voordeel uit die situasie; die nuwe grondwet, wat onder meer die instelling van die nuwe Comité du salut public bepaal, loop op 'n diktatoriese regering onder leiding van Danton en later Robespierre uit. Die verpletterende militêre neerlae lei op hulle beurt weer tot groter verdrukking van iedereen wat as vyandelik gesind teen die vryheid en die republiek beskou word. Die instelling van die eerste algemene diensplig (die Levée en masse) deur Lazare Nicolas Marguerite graaf van Carnot is 'n maatreël wat die gewapende stryd teen buitelandse magte meer trefkrag sou verleen. Die stryd teen die totale aanslag is 'n stryd om oorlewing wat op verskillende fronte gevoer word. Die oorlog word nou teen die paleise gevoer, terwyl die hutte in vrede gelaat moet word. Die nasionale lied Marseillaise en die nuwe vlag, die Trikolore, versinnebeeld die nuwe gesindheid.
Aanhangers van die ateïstiese Jakobyn Hébert (1757-1794) begin streng op te tree teen die Christelike geloof; die "geboue wat as kerke bekend staan" word gesluit, die katedraal Notre-Dame in Parys tot Tempel van die Rede gewy. In Mei 1794 word die Christendom in Frankryk afgeskaf en deur die nuwe Kult van die Rede vervang. In Junie vier Robespierre die Fees van die Hoogste Wese.
Nadat die militêre situasie begin verbeter, word 'n einde aan die Jakobynse terreur gemaak. Georges Jacques Danton word op 5 April 1794, Maximilien Robespierre op 28 Julie onthoof. Geweld en onluste hou egter aan. Op 21 Mei 1795 word 'n Jakobynse opstand onderdruk, die land kry op 22 Augustus sy derde rewolusionêre grondwet. Die Nasionale Konvent word op 26 Oktober ontbind en deur 'n direktorium (Directoire) van vyf lede vervang.
Dit is veral die welgestelde bourgeoisie wat in die laaste fase van die rewolusie 'n einde aan die chaotiese toestande wil maak. Met 'n staatsgreep op 9 November 1799 beëindig generaal Napoléon Bonaparte die rewolusionêre tydperk en verklaar homself tot Eerste Konsul en staatshoof.
category:Franse Rewolusie
category:Frankryk
ja:フランス革命
ko:프랑스 혁명
th:การปฏิวัติฝรั่งเศส
Alpe Die Alpe is 'n magtige bergreeks in Europa met 'n oppervlakte van meer as 200 000 vierkante kilometer, wat oor 'n afstand van 1 200 kilometer van Frankryk in die weste tot by Oostenryk en Slowenië in die ooste en van Suid-Duitsland in die noorde tot by Italië in die suide strek. In die suidooste gaan die Alpe oor na die Dinariese Gebergte, in die noordooste na die Karpate. Die hoogste berg, die Mont Blanc aan die Frans-Italiaanse grens, is 4 808 meter bo seevlak.
Die Alpe word volgens geografiese kenmerke onderverdeel in die Wes-Alpe en Oos-Alpe, en ten opsigte van die hoogte bo seevlak in die Vooralpe (tot by 1 500 meter), Middelalpe (tot by die sneeugrens) en die Hoogalpe (met 'n hoogte van meer as 3 000 meter).
Die Alpe ontstaan gedurende die geologiese tydperk van die tersiêr, toe die oorspronklike vasteland van Afrika noordwaarts beweeg, die sedimentafsettings van die Middellandse See eers saampers en daarna opvou. Hierdie geologiese aktiwiteite is nog steeds aan die gang en lei tot 'n klein, jaarlikse styging van die gebergte se hoogte.
Die oppervlakte is behalwe deur geologiese aktiwiteite ook deur klimaatsomstandighede gevorm. Veral gedurende die Ystydperk verander gletsers die voorkoms van die gebergte en begin groot valleie in te sny, terwyl die smeltwater in die randgebiede van die Alpe groot mere soos die Bodenmeer tussen Duitsland, Switserland en Oostenryk en die Gardameer in Noord-Italië laat ontstaan.
| | |