Home About us Products Services Contact us Bookmark
:: wikimiki.org ::
6 April

6 April

6 April is die 96ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (97ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 269 dae in die jaar.

Gebeure


- 648 v.C. Die eerste sonsverduistering wat deur die antieke Grieke opgeteken word.
- 1320 Die Skotte herbevestig hul onafhanklikheid deur die Verklaring van Arbroath te teken.
- 1652 Die Nederlander Jan van Riebeeck vestig 'n voorraadkamp aan die Kaap die Goeie Hoop, wat later sou ontwikkel in Kaapstad.
- 1896 Opening van die eerste moderne Olimpiese Spele.
- 1909 Volgens bewerings bereik Robert Edwin Peary die Noordpool.
- 1917 Die VSA verklaar oorlog op Duitsland.
- 1941 Tweede Wêreldoorlog: Duitsland val Joego-Slavië en Griekeland binne.
- 1973 Pioneer 11 word gelanseer.
- 1979 President Zulfikar Ali Bhutto van Pakistan word tereggestel.
- 1993 Russiese kernkragongeluk by Tomsk 7.

Geboortes


- 1483 Raffaello Santi, skilder en argitek (/1520).
- 1815 Robert Volkmann, komponis
- 1866 Butch Cassidy, (d. 1909)
- 1878 Erich Mühsam, skrywer (/1934).
- 1890 Anthony Fokker, Nederlandse ontwerper van vliegtuie (d. 1939)
- 1927 Gerry Mulligan, musikant (d. 1996)
- 1928 James Dewey Watson, genetikus.
- 1929 André Previn, komponis, dirigent
- 1941 Hans W. Geissendörfer, Duitse filmregisseur
- 1976 Candace Cameron, aktrise

Sterftes


- 1199 Richard I of England.
- 1520 Rafael, Italiaanse skilder en argitek
- 1528 Albrecht Durer, kunstenaar
- 1963 Otto Struve, sterrekundige (1897-08-12/).
- 1971 Igor Stravinsky.
- 1976 Howard Hughes.
- 1992 Isaac Asimov, skrywer (1920-01-02/).
- 1992 Molly Picon, aktrise
- 1994 Juvénal Habyarimana, President van Rwanda
- 1994 Cyprien Ntaryamira, President van Burundi
- 1996 Greer Garson, aktrise
- 2000 Habib Bourguiba, president van Tunisia

Vakansies en vierings


- Begin van die belastingjaar in die Verenigde Koninkryk. (Agv die 11de dag verbetering na 25 Maart, by die ingebruikneming van die Gregoriaanse kalender in 1752). Kategorie:Datum ja:4月6日 ko:4월 6일 th:6 เมษายน

Gregoriaanse kalender

Die Gregoriaanse kalender is tans dwarsdeur die westerse wêreld in gebruik, en is 'n wysiging van die Juliaanse kalender. Dit is eerste voorgestel deur die Napolese dokter Aloysius Lilius, en is uitgevaardig deur die vernoemde Pous Gregorius XIII op 24 Februarie 1582 (hierdie dokument is gedateer 1581 aangesien die kalenderjaar in daardie tyd in Maart begin het). Die Gregoriaanse kalender was ontwerp omdat die gemiddelde jaar in die Juliaanse kalender effe té lank was, wat veroorsaak het dat die dag-en-nag-eweninge geleidelik vroeër in die kalenderjaar verskuif het.

Akkuraatheid

Die Gregoriaanse kalender verbeter die Juliaanse benadering deur 3 Juliaanse skrikkeldae elke 400 jaar oor te slaan, wat 'n gemiddelde jaar met 365.2425 sonnedae gee. Dit sal 'n fout lewer van 1 dag elke 3000 jaar, wat 'n aansienlike verbetering op die Juliaanse fout van 1 dag elke 138 jaar is. Oor hierdie lang tydskale is dit ook te verwagte dat wisselings in die Aarde se wentelbaan en onvoorspelbare rotasie dit onwaarskynlik maak dat enige langtermyn akkuraatheid deur 'n skrikkeldag-reël ingewin sou word.

Numeriese feite

Die gemiddelde jaar is 365.2425 dae = 52.1775 weke 8,765.82 uur = 525,949.2 minute = 31,556,952 sekondes. 'n Gewone jaar is 365 dae = 8,760 uur = 525,600 minute = 31,536,000 sekondes. 'n Skrikkeljaar is 366 dae = 8,784 uur = 527,040 minute = 31,622,400 sekondes. Party jare mag ook 'n skrikkelsekonde bevat. Die 400-jaar siklus van die Gregoriaanse kalender het 146,097 dae en dus presies 20,871 weke. So byvoorbeeld was die dae van die week in 1603 presies dieselfde as in 2003. Dit veroorsaak ook meer maande om op 'n Sondag te begin (en dus 'n Vrydag die dertiende te hê) as enige ander dag van die week. 688 uit elke 4,800 maande (of 172 uit 1,200) begin op 'n Sondag, terwyl net 684 uit elke 4,800 maande (171 uit 1,200) begin op een van 'n Saterdag of Maandag, die mins-algemene gevalle. 'n Kleiner siklus is 28 jaar (1,461 weke), indien geen oorgeslane skrikkeljare daarin bevat is nie. Dae van die week in jare mag ook herhaal ná 6, 11, 12, 28 of 40 jaar. Intervalle van 6 en 11 is slegs moontlik met gewone jare, terwyl intervalle van 28 en 40 slegs moontlik is met skrikkeljare. 'n Interval van 12 jaar kan gebeur met beide tipes, maar slegs indien daar 'n oorgeslane skrikkeljaar tussen-in is. Die Doomsday algoritme is 'n metode waarmee jy kan bepaal watter van die 14 kalendervariasies gebruik behoort te word in enige gegewe jaar ná die Gregoriaanse reformasie. Dit is gebasseer op die laaste dag in Februarie, ook bekend as die Doomsday.

Sien ook


- Skrikkeljaar

Eksterne skakels


- [http://www.hermetic.ch/cal_stud/cal_art.htm Die Juliaanse en Gregoriaanse kalenders]
- [http://www.tondering.dk/claus/calendar.html Algemene vrae oor kalenders]
- [http://www.norbyhus.dk/calendar.html The Perpetual Calendar] Hierdie gee die datums waarop baie lande oorgeskakel het na die Gregoriaanse kalender. als:Gregorianischer Kalender ja:グレゴリオ暦 ko:그레고리력 ms:Kalendar Gregory simple:Gregorian calendar th:ปฏิทินเกรกอเรียน

Verklaring van Arbroath

Die Verklaring van Arbroath is die Skotte se onafhanklikheidsverklaring, en het moontlik ook gedien as basis vir die Amerikaanse onafhanklikheidsverklaring. Dit is in die vorm van 'n brief aan Pous Johannes XXII gestuur, gedateer 6 April 1320.

Vertaling

Aan die Allerheiligste Vader (van die Roomse Kerk) en Heer in Jesus Christus, die Heer Johannes, deur die Goddelike Voorsienigheid uitverkies tot Pous van die Heilige Romeinse en Universele Kerk, betoon sy nederige en eerbiedige seuns, Duncan, Graaf van Fife, Thomas Randolph, Graaf van Moray, Heerser oor Man en oor Annandale, Patrick Dunbar, Graaf van March, Malise, Graaf van Strathearn, Malcolm, Graaf van Lennox, William, Graaf van Ross, Magnus, Graaf van Caithness en Orkney, en William, Graaf van Sutherland; Walter, Rentmeester van Skotland, William Soules, Butler van Scotland, James, Graaf van Douglas, Roger Mowbray, David, Graaf van Brechin, David Graham, Ingram Umfraville, John Menteith, Bewaarder van die Graafskap van Menteith, Alexander Fraser, Gilbert Hay, Konstabel van Skotland, Robert Keith, Maarskalk van Skotland, Henry St Clair, John Graham, David Lindsay, William Oliphant, Patrick Graham, John Fenton, William Abernethy, David Wemyss, William Mushet, Fergus van Ardrossan, Eustace Maxwell, William Ramsay, William Mowat, Alan Murray, Donald Campbell, John Cameron, Reginald Cheyne, Alexander Seton, Andrew Leslie, en Alexander Straiton, en die ander grawe en grondbesitters en die hele volk van die ryk van Skotland alle vorme van hoogagting, soos dit seuns betaam, met eerbiedige soene aan sy geseënde voete. Allerheiligste Vader en Heer, ons weet, en ons vind dit opgeteken in die kronieke en in antieke boeke, dat ons eie volk, die Skotte, onder ander beroemde volke wyd bekend geraak het. Hulle het uit Groter Skittië getrek via die Tirrheense See en die Poorte van Hercules, en het vir ‘n lang tyd in Spanje gewoon tussen die mees barbaarse stamme, maar nêrens kon enige stam hulle onderwerp nie, hoe barbaars sulke stamme ookal opgetree het. Twaalf honderd jaar nadat die volk van Israel deur die Rooi See getrek het, kom hulle daarvandaan aan in hulle tuisland in die Weste, waar hulle vandag nog woon. Eers het hulle die Britons uitgedryf, toe het hulle die Pikte heeltemal vernietig, en hoewel hulle baie gereeld aangeval is deur die Noorweërs, die Dene en die Engelse, het hulle daardie tuiste in besit geneem met baie oorwinnings en onbeskryflike moeite; en, soos die geskiedskrywers van die ou dae getuig, het hulle dit sedertdien sonder enige verband behou. In hule ryk het daar eenhonderd en dertien konings uit hulle eie koningshuis geheers, sonder dat die afkomslyn verbreek is deur ‘n enkele volksvreemde. Selfs al sou die hoë kwaliteite en verdienstelikheid van dié mense nie andersins sigbaar gewees het nie, het hulle voldoende genade verdien dat die Koning van konings en die Heer van die here, ons Here Jesus Christus hulle ná Sy lyding en sterwe geroep het tot Sy allerheiligste geloof as van die heel eerste bekeerlinge, selfs al het hulle op die verste uiteindes van die aarde gewoon. Hy wou hulle dan ook nie sommer deur enigiemand in die geloof laat bevestig nie, maar deur die belangrikste van Sy Apostels, hoewel hy tweede of derd in die rangorde gestaan het, naamlik misname Andreas, die broer van die Geseënde Petrus, en hom vir ewig as hulle beskermheilige aangestel het. Die Allerheiligste Vaders, u voorgangers,baie ag gegee aan hierdie dinge, en het baie gunste en talryke voorregte geskenk aan aan hierdie koninkryk en volk, wat aan die spesiale sorg van die Geseënde Petrus se broer opgedra is. Onder hulle beskerming het ons volk inderdaad in vrede en vryheid geleef totdat daardie magtige prins, die koning van die Engelse, Edward, die vader van die een wat vandag heers, onder die dekmantel van ‘n vriend en bondgenoot gekom het om ons as ‘n vyand te teister op ‘n stadium toe ons koninkryk leierloos was en ons volk geen kwaadwilligheid of verraad geken het nie, en nie gewoond was aan oorlog of invalle nie. Die dade van wreedheid, massamoord, geweld, plundering, brandstigting, gevangesetting van amptenare van die Kerk, afbrand van kloosters, de berowing en doodmaak van monnike en nonne, en ander euweldade wat hy teen ons volk gepleeg het, sonder inagneming van ouderdom, geslag, geloof of rangorde, kan niemand beskryf of volledig voorstel as hy dit nie met sy eie oë gesien het nie. Van hierdie ontelbare euwels is ons egter verlos met de hulp van Hom Wat, hoewel Hy straf, ook heelmaak en herstel, deur middle van ons onvermoeide prins, koning en heer, die heer Robert. Sodat sy volk en sy erfenis uitgered kan word uit die hand van ons vyand het hy moeite, ontbering, honger en gevaar nie ontsien nie, en soos nog ‘n Makkabeus of Joshua dit blymoedig gedra. Op grond van die Goddelike Voorsienigheid, sy reg tot opvolging ingevolge ons wette en gebruike wat ons tot die dood toe sal onderhou, en die onderlinge instemming en ooreenkoms van ons almal, het ons hom ons prins en koning gemaak. Aan hom as die man deur wie ons volk verlos is, is ons verbind volgens wet sowel as deur sy versekering dat ons vryheid steeds behou kan word, en by hom wil ons staan, kom wat wil. As hy egter sou prysgee wat hy begin het, en sou ooreenkom om ons of ons koninkryk aan die koning van Engeland of aan die Engelse oor te gee, sal ons ons beywer om hom weg te jaag as ons vyand en ‘n ondergrawer van sy eie regte en van ons s’n, en ons sal dan ‘n ander man, wat ons wel kan verdedig ons koning maak; want so lank as wat daar maar ‘n honderd van ons bly leef, sal ons nooit, onder enige oustandighede, onder Engelse oorheersing staan nie. Ons veg nie vir eer, of rykdom, of onderskeidings nie, maar vir vryheid – slegs vir die saak wat geen eerlike man prysgee nie, selfs ten koste van sy lewe. Om hierdie rede, eerwaarde Vader en Heer, versoek ons u Heiligheid met ons ernstigste gebede en smekende harte, tot die mate waarin u in u opregtheid en goedheid al hierdie dinge sal oorweeg, dat, saam met Hom Wie se Onderkoning u op aarde is, u nie onderkeid maak tussen Judaiet en Griek(Daniet), Skot en Engelsman nie, om met die oë van ‘n vader te kyk na die skade en ontberings wat die Engelse ons en die Kerk van God aangerig het. Mag dit u behaag om die koning van die Engelse te bestraf en te vermaan, want hy behoort tevrede te wees met wat aan hom behoort, aangesien Engeland eenmaal genoeg was vir sewe en meer konings, en om ons Skotte in vrede te laat om in hierdie arm klein Skotland te woon, waarbuite daar geen ander woonplek hoegenaamd is nie, en waar ons niks anders as ons eie verlang nie. Ons is eerlik bereid om enigiets vir hom te doen, ten einde ons toestand te verbeter sodat ons vrede vir onsself kan verkry. U eie belange is ook hierby betrokke, Heilige Vader, want u sien hoe die barbaarsheid van die heiden teen die Christen tier, soos wat die Christene sekerlik vanweë hulle sondes verdien, en dat die grense van die Christendom elke dag teruggedruk word, en u is sekerlik bewus van hoe dit U Heiligheid se nalatenskap sal benadeel as (mag God dit verhoed) die Kerk tydens u leeftyd uitgewis sou word of in die skande sou kom. Roep gerus die Christen prinse op wat vir valse redes voorgee dat hulle nie in die Heilige land kan gaan help nie vanwee oorloë wat hulle op hande het met buurstate Die werklike rede wat hulle verhoed is dat hulle gouer geldmaak en minder teenstand ondervind as hulle hulle kleiner buurstate aanval. Maar hoe blymoedig sal ons heer die Koning en ook ons daarheen gaan as die kning van die Engelse ons net in vrede wil laat. Hy vir Wie niks verborge is nie weet dit, en ons bely en verklaar dit aan u as Vikaris van Christus en aan die hele Christendom. Indien U Heiligheid egter te veel geloof sou plaas in wat die Engelse u vertel, en nie openhartig aandag gee hieraan nie, en hulle tot ons nadeel sou bevoordeel, sal die slagtingonder liggame, en die vervloeking van siele , en al die ander onreg wat sou volg, wat hulle teen ons en ons teen hulle sal pleeg, sekerlik deur die Allerhoogste (Elohim) voor u deur gelê word. Ten slotte is ons gewillig, en sal ons altyd gewillig wees, om, namate dit van ons vereis word, u bevele in alle dinge uit te voer, as gehoorsame seuns van u as Sy Verteenwoordiger, en aan Hom as die Opperkoning (Elohim) en Regter vertrou ons hierdie saak toe, Op Hom werp ons sorge ons en vertrou ons onverbiddelikdat Hy ons sal bemoedig en ons viand sal vernietig. Mag die Allerhoogste u in Sy Heilige Kerk bewaar in heiligheid en gesondheid en vir u lengte skenk. Gegee in die monnikeklooster van Arbroath in Skotland op die sesde dag van die maand April in die jaar van ons Here, dertienhonderd en twintig, en die vyftiende jaar van regering van ons Konig soos hierbo vermeld. Onderteken: Brief gerig aan ons Heer die Pous, deur die volk van Skotland.

Bronne


- Declaration_of_Arbroath by die Engelse Wikipedia
- http://www.siol-nan-gaidheal-usa.com/gaidhlig.htm
- http://www.giveshare.org/israel/arbroathdeclaration.html

1652

Gebeure


- 6 April - Jan van Riebeeck land aan die Kaap om 'n halfwegstasie te vestig vir die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC).
- 18 Mei - Die Amerikaanse staat Rhode Island neem die eerste wet aan in Noord-Amerika wat slawerny onwettig maak.

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
16de eeu17de eeu18de eeu
1649165016511652165316541655
Kategorie:17de eeu ko:1652년

Jan van Riebeeck

Johan Anthonisz "Jan" van Riebeeck (Culemborg, 21 April 1619Batavia, 18 Januarie 1677), was die stigter van die eerste kolonie in Suid-Afrika onder opdrag van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC). Sy stigting by die Kaap die Goeie Hoop groei tot die Kaapkolonie, en uiteindlik die Republiek van Suid-Afrika. Van Riebeeck word groot in Schiedam as die seun van 'n dokter, en trou daar met Maria de la Quellerie op 28 Maart 1649. Sy sterf in Malacca op 11 Februarie 1665. Van Riebeeck vul al vanaf 1639 'n aantal poste by die VOC: eerste vertoef hy in Batavia as dokters-assistent, waarna hy Japan besoek. Sy belangrikste pos was as hoof van die handelspos in Tonkin, Viëtnam, maar hy word teruggeroep nadat dit aan die lig kom dat hy homself aan private handel skuldig gemaak het. In 1651 word hy uitgestuur om 'n verversingstasie in te rig by die Kaap die Goeie Hoop aan die suidpunt van Afrika. Op 6 April 1652 land Van Riebeeck in Tafelbaai, plant die vlag van die VOC en stig Fort Duijnhoop, die eerste Nederlandse nedersetting aan die Kaap. Van Riebeeck en sy 90 koloniste (onder wie 8 vroue is) lê tuine aan om vrugte en groente te verbou om die VOC-skepe wat by die kolonie aandoen mee te kan voorsien. Vleis word verkry deur middel van ruilhandel met die plaaslike Khoikhoi-stamme, wie deur die Nederlanders Hottentotte genoem word. Van Riebeeck bly die leier van die kolonie tot 1662. Sy geboortehuis in Culemborg is tans 'n museum.

Bronnelys


- The Afrikaners, biography of a people - Hermann Giliomee Kategorie:Mense

Kaap die Goeie Hoop

Die Kaap die Goeie Hoop is die naam van 'n landpunt aan die suide van Afrika, naby Kaapstad, Suid-Afrika. Dit is tradisioneel (en verkeerdelik) geag as die oorgangspunt tussen die Atlantiese Oseaan en die Indiese Oseaan — tegnies lê die skeiding tussen die twee oseane verder ooswaarts by Kaap Agulhas, wat ook die mees suidelike punt van Afrika is. Die koue Benguelastroom wat teen die Weskus noordwaarts loop, ontmoet naby die Kaap die Goeie hoop die warm Agulhasstroom wat suidwaarts vanaf Indië loop. Die natuurreservaat by Kaappunt bied ook pragtige natuurskoon.

Geskiedenis

Die Kaap die Goeie Hoop was eerste deur die Portugese seevaarder Bartolomeus Dias in 1488 omgevaar, wie dit die "Kaap van Storms" (Cabo das Tormentas) genoem het. Later het Johannes II van Portugal dit hernoem as die "Kaap die Goeie Hoop" (Cabo da Boa Esperança), omdat dit die roete na die Ooste moontlik gemaak het. Die Nederlandse handelaar Jan van Riebeeck het 'n voorraadkamp vir die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) naby die Kaap op 6 April 1652 opgestel, wat uiteindelik in Kaapstad ontwikkel het. Op 31 Desember 1687 is 'n groep Hugenote na die Kaap vanaf Nederland gestuur; hulle het na Nederland ontsnap vanaf Frankryk om die godsdienstige vervolging daar te ontsnap. Die VOC het ambagsmanne gekort by die Kaap, en die Nederlandse Regering het geleenthede in die Kaap gesien wat hulle kon vul. Die Verenigde Koninkryk het op 19 Januarie 1806 die Kaap beset. Dit is afgestaan aan die VK deur die Anglo-Nederlandse Ooreenkoms van 1814, en was van toe af as die Kaapkolonie bekend.

Sien ook


- Geskiedenis van die Kaapkolonie
- Kasteel van Goeie Hoop
- Kaapprovinsie

Eksterne skakel


- [http://www.capepoint.co.za/ Amptelike webwerf] Category:Geografie van Suid-Afrika Category:Skiereilande ja:喜望峰 simple:Cape of Good Hope

Kaapstad

Kaapstad (Engels: Cape Town, Xhosa: iKapa) is saam met Pretoria (die setel van die regering) en Bloemfontein (die regterlike hoofstad) een van die drie hoofstede van die Republiek van Suid-Afrika en setel van die parlement. Dit is ook die administratiewe en parlementêre hoofstad van die Wes-Kaap en die derde grootste stad in Suid-Afrika. Kaapstad ([http://kvaleberg.com/extensions/mapsources/index.php?params=33_55_S_18_27_E_ 33°55′S 18°27′O]) lê aan die suidpunt van Afrika en word ook die Moederstad van Suid-Afrika genoem. Hier is waar die leier van die Goringkhoina in 1652 met die Hollanders van die VOC kontak gemaak het. Kaapstad is vandag 'n gesogte toeristebestemming en 'n gunstelingstad van die Europese rolprent- en advertensiebedryf.

Geskiedenis

VOC Op 6 April 1652 sit die Nederlander Jan van Riebeeck met negentig mense, waaronder ook 'n aantal vroue en kinders, in Tafelbaai voet aan wal en stig 'n verversingstasie vir die handelskepe van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOIK) op weg na Indië. Die Kompanjie ag Tafelbaai met sy natuurlike hawe as 'n geskikte plek vir die voorpos. Ter beskerming teen aanvalle van die inboorlinge rig die Nederlanders die Kasteel die Goeie Hoop op. Die oorspronklike bevolking, die Khoi en San, weier om met die Europeane handel te dryf en blyk ook ongeskik te wees vir die Europese konsepte van werk en besit. Om in hulle behoefte aan mannekrag te voorsien, is die Nederlanders gedwing om slawe uit hulle kolonies in Madagaskar, Indië, Maleisië en Indonesië in te voer. Met die eerste invoer van slawe in die jaar 1658 verdubbel die Kaapse bevolking. 1658 Vroue is skaars in die kolonie, en die Europese mans begin vinnig met die slawinne te vry. Die huidige kleurlinge het hulle oorsprong in hierdie eerste vermenging van die Asiatiese, Afrikaanse en Europese kulture en word later 'n deel van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap. Met die ekonomiese neergang van die VOIK teen die einde van die 18de eeu wek die kolonie Brittanje se belangstelling. Die neerlaag van die Nederlandse koloniale troepe naby Bloubergstrand in die jaar 1806 lei tot die einde van die Nederlandse heerskappy. Op 13 Augustus 1814 word die Kaap 'n Britse kroonkolonie. Die ontdekking van die diamant- en goudvelde in die binneland in die tydperk tussen 1870 en 1890 verskuif die ekonomiese swaartepunt van Suider-Afrika na die Noord-Kaap en die Witwatersrand, tog trek Kaapstad voordeel uit die groeiende handel met oorsese gebiede en groei tot Suid-Afrika se grootste hawe, en 'n verskeidenheid nywerhede vestig hulle in die stad. Die builepes van die jaar 1901 dien as 'n voorwendsel om 'n stelselmatige rasseskeiding in Kaapstad se woonbuurte in te stel. Die Swart bevolking is na twee gebiede verskuif, die hawe en Ndabeni aan die westelike kant van die Tafelberg, wat tot die voorloper van die Kaapvlakte se nie-blanke woonbuurte ontwikkel is.

Infrastruktuur

Tafelbaaihawe

1814 Danksy die natuurlike hawe van Tafelbaai staan Kaapstad sedert eeue bekend as die "Herberg by die See". Die eerste houtkaai is in 1656 opgerig. Die hawe het reeds twee keer in sy geskiedenis 'n groot strategiese rol gespeel. In die Tweede Wêreldoorlog kom meer as 400 skeepskonvooie met ses miljoen soldate in Kaapstad se hawe aan, en sowat 13 000 skepe is in sy werwe herstel. Tydens die Suez-krisis in die jaar 1973 is die Suez-kanaal gesluit, en skepe op pad na Europa en die ooskus van Amerika gebruik die Kaapse roete, wat 'n groot toeloop van skepe in Tafelbaaihawe beteken. Aangesien Tafelbaaihawe veral die Wes-Kaap bedien, is hy gespesialiseer op die uitvoer van plaaslike produkte. Die grootste voorverkoelkompleks in Suid-Afrika hanteer groot hoeveelhede sagte vrugte. Daarnaas is geriewe soos droogdokke en dryfdokke beskikbaar. Die hawe beskik sedert die sewentigerjare oor 'n diepseehouereindpunt.

Groote Schuur-hospitaal

Die Groote Schuur-hospitaal is een van die leidende hospitale ter wêreld en doen baanbrekerswerk met onder meer die eerste hartoorplanting, wat in Desember 1967 deur prof. Christiaan Neethling Barnard uitgevoer is. Die ongewone naam is van 'n groot pakhuis afgelei, wat deur die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie in 1657 op die perseel van die huidige hospitaal opgerig is. Die oorspronklike Groote Schuur-hospitaal is op 31 Januarie 1938 geopen.

Geografie

1938 Begrens deur Tafelbaai aan die een kant en Tafelberg aan die ander, lê woonbuurte rondom die sentrale sakekern met sy wolkekrabbers. Die ysige Benguelastroom vloei vanuit die suide en skep 'n Mediterreense winterreënklimaat, waarin vrugte goed aard. Die skiereiland is in een van die wêreld se plantkoninkryke en 'n magdom soorte kom slegs hier voor.

Demografie

Volgens die sensus van 2001 het Kaapstad 2 893 251 inwoners en 'n bevolkingsdigtheid van 1 158 per km². Van die stad se bevolking is 48,13 persent Kleurlinge, 31,68 persent Swartes, 18,75 persent Blankes en 1,43 persent Indiërs. Die metropolitaanse gebied van Kaapstad het sowat 6 miljoen inwoners. Afrikaans is die belangrikste huistaal in die stad wat deur 41,4 persent van sy bewoners gebesig word. Die twee ander groot huistale is Xhosa (28,7 persent) en Engels (27,9 persent).

Ekonomie

Naas sy belangrike rol vir die Suid-Afrikaanse toerismebedryf dien Kaapstad se internasionale lughawe as 'n uitvoersentrum vir die landbouprodukte van die Wes-Kaap, veral vrugte, wyn en blomme.

Onderwys

bevolkingsdigtheid Kaapstad is naas Johannesburg en Pretoria die belangrikste universiteitstad in Suid-Afrika. Die Universiteit van Kaapstad (University of Cape Town, UCT) word selfs as een van die leidende akademiese instellings in Afrika beskou. Die Universiteit van Stellenbosch, 'n eersterangse histories Afrikaanstalige instelling, lê sowat sestig kilometer van Kaapstad af. Ander belangrike tersiêre instellings is die Universiteit van die Wes-Kaap in Bellville en die Tegnologiese Universiteit van die Kaapse Skiereiland (Cape Peninsula University of Technology), wat deur die samesmelting van die Kaapse Technikon (Cape Technikon) en die Technikon van die Skiereiland (Peninsula Technikon) ontstaan het. Die Graduate School of Business naby die Victoria & Albert Waterfront kan met die beste buitelandse skole meeding. Kaapstad se Engelse taalskole lok sedert die negentigerjare danksy die hoë kwaliteitstandaarde en die stad se reputasie as 'n eersterangse toeristebestemming 'n steeds groeiende aantal buitelandse besoekers.

Besienswaardighede

Bellville
- Die Groote Kerk staan op 'n perseel waar in 1678 die eerste kerk in Suid-Afrika opgerig is. Die huidige kerkgebou is die derde wat uit die jaar 1836 dateer, tog het die kloktoring van die tweede gebou van 1703 bewaar gebly.
- Die Kompanjiestuin maak deel uit van Jan van Riebeeck se historiese groentetuin.
- Die Stadsaal is an die begin van die 20ste eeu in die Italiaanse renaissance-boustyl opgerig.
- Die Tuynhuis bekoor met sy Kaaps-Hollandse argitektuur. Dit dien as die ampswoning van die Staatspresident en is nie toeganklik vir die publiek nie.
- Die Bo-Kaap lê teen die hange van die Seinheuwel en is die oudste woonbuurt van Kaapstad. Dit spog onder meer met die eerste moskee wat in Suid-Afrika opgerig is. Sy eerste bewoners in die jaar 1780 is slawe en Maleistalige gevangenes uit Oos-Indië. Die woonbuurt is nog steeds 'n tradisionele Maleierbuurt met 'n ontspanne Oosterse atmosfeer. Die Bo-Kaap-museum en die talle Kaaps-Maleise restourante lok 'n groot aantal toeriste. Ander belangrike besienswaardighede is
- Tafelberg, wat 1086 m hoog is, en waarskynlik die gewildste toeristebestemming
- Seinheuwel, wat 'n asemberowende uitsig oor Tafelbaai en die stad bied
- Kirstenbosch, een van agt nasionale Botaniese Tuine in die land
- Robbeneiland, waar Nelson Mandela vir 27 jaar lank gevangene was

Toerisme

Nelson Mandela Kaapstad het sedert die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika in die jaar 1994 een van die wêreld se gewildste reisbestemmings geword. Fasiliteite vir 'n groot aantal sportsoorte, talle winkels, die toeristeroete van die Kaapse skiereiland en die wynstreke van die omgewing asook die ryk fauna en flora maak van die stad Suid-Afrika se vernaamste toeristebestemming.

Inkopies en vermaak


- Victoria & Alfred Waterfront, met hope winkels, restourante en rolprentteaters (draai net regs aan die einde van die N1 en N2 in Kaapstad)
- Canal Walk, met meer as 400 winkels en, volgens hulle, die grootste winkelsentrum in Afrika (teen die N1 soos mens Kaapstad uitwaarts verlaat aan die linkerkant, neem die Ratanga Road afdraai)
- Ratanga Junction met vele plesierritte en ander vermaak, veral vir die jongeres (langs Canal Walk)
- Groentemarkplein (Green Market Square) was tradisioneel 'n groentemark gewees, maar is deesdae 'n vlooimark waar 'n mens alles van tradisionele Afrika-aandenkings en kuns tot handewerk, goedkoop musiek, klere en ander snuisterye kan koop (in die hartjie van Kaapstad)

Vir die fynproewer


- And Lemon (restourant): Suid-Afrikaanse kookkuns; volstruisgeregte, seekos, pasta (Kortmarkstraat 98, Middestad)
- Ocean Basket: Gemaklike seekosrestaurant (verskeie liggings, sien [http://www.oceanbasket.co.za/ hulle webwerf])
- Bukhara: Egte Indiese restaurant (Kerkstraat 33, Middestad)
- Saigon: Viëtnamese geregte (hoek van Kloof- en Kampstrate, Tamboerskloof)
- Quay Four: met 'n taverne onder en restaurant bo (V&A Waterfront)
- Banana Jam Café: Ontspanne atmosfeer met 'n Jamaikaanse / Karibbiese atmosfeer (net af van Hoofweg, Wynberg)
- Savoy Cabbage: 'n Populêre restaurant met eksotiese kos, en is geleë in 'n behoue perdestal (Houtstraat 101, Middestad)
- Beluga: Ook 'n moderne, populêre restaurant (The Foundry in Prestwichstraat, Groenpunt. Sien ook [http://www.beluga.co.za hul webwerf])

Eksterne skakels


- [http://www.capetown.gov.za Stad Kaapstad Munisipaliteit]
- [http://www.cape-town.org Kaapstad toerisme]
- [http://www.satour.co.za SA Toerismeraad] category:Kaapstad ja:ケープタウン ko:케이프타운

1896

Gebeure


- Cecil Rhodes tree uit as Eerste Minister ná 'n skandaal oor die "Jameson Raid" in Transvaal deur sy vriend, Dr. Leander Starr Jameson.
- Henri Becquerel ontdek Radio-aktiwiteit

Geboortes


- 30 Mei - Howard Hawks, Amerikaanse rolprentregisseur († 27 Desember 1977)

Sterftes

---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19de eeu20ste eeu
1893189418951896189718981899
Kategorie:19de eeu ko:1896년 simple:1896

Moderne Olimpiese Spele

Olimpiese spele - tye Simbole asook kleur se betekenis Vastelande wat deelgeneem het Lande waar dit gehou is (Olimpiese spele) Kategorie:Sport

1909

Gebeure

Geboortes

Sterftes

---- Dae | Eeue | Geskiedenis
19de eeu20ste eeu21ste eeu
1906190719081909191019111912
Kategorie:20ste eeu ja:1909年 ko:1909년 simple:1909 th:พ.ศ. 2452

1917

Gebeure


-

Geboortes


- 13 Junie - Augusto Roa Bastos, Paraguayaanse skrywer

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
19de eeu20ste eeu21ste eeu
1914191519161917191819191920
Kategorie:20ste eeu ja:1917年 ko:1917년 simple:1917 th:พ.ศ. 2460

VSA

Die Verenigde State van Amerika (V.S.A.), ook genoem die Verenigde State (V.S.), Amerika 1, is 'n federale republiek in Noord Amerika en die Stille Oseaan (die eilande van Hawaii, en die Aleutians). Dit strek vanaf die Atlantiese kus in die ooste tot die Stille Oseaan in die Weste. Dit deel landsgrense met Kanada in die noorde and Meksiko in die suide, en deel 'n marinegrens met Rusland in die weste en besit 'n aantal distrikte en gebiede rondom die wêreld, insluitende Puerto Rico, Midway Eiland, en Guam. Die land het vyftig state, wat 'n vlak van autonomiteit het. 'n Amerikaanse burger word gewoonlik 'n Amerikaner genoem.1.
Verenigde State van Amerika
United States of America
1 1
(V.S. Vlag) (V.S. Groot Seel)
Nasionale leuse: (1776 - ): E Pluribus Unum
(Latyn: "Out of many, one")
(1956 - ): In God We Trust
beeld:US_highlighted_map2.jpg
Amptelike tale Geen op federale vlak, sekere state spesifiseer wel
Engels de facto
Spaans grotendeels gepraat in sommige areas
Hoofstede Washington, DC
President George W. Bush
Oppervlakte
 - Totaal
 - % water
3ste
9 629 091 km²
2,198%
Bevolkingstal
 - Totaal (2000)
 - Bevolkingsdigtheid
3ste
290 342 554
31/km²
Onafhanklikheid
-Verklaar1
Verklaar deur die VK:
4 Julie 1776
Geldeenheid VS dollar ($)
Tydsone UTC -5 tot UTC -11
Volkslied The Star-Spangled Banner
Internet TLD.us, .um, .edu, .gov, .mil
Telefoonkode1

Ekonomie

Hoofartikel: Ekonomie van die Verenigde State Die ekonomie van die Verenigde State is gebaseer op die Kapitalistiese model en word gekenmerk deur 'n konstante groei, lae werksloosheid en inflasie, 'n groot begrotings tekort en vinnige vooruitgang in tegnologie. Sy ekonomie word beskou as die belangrikste in die wereld. Verskeie ander lande het hulle geld eenhede gekoppel aan die dollar, of gebruik dit selfs as 'n geldeenheid. Die V.S. effekte beurs word beskou as 'n aanduiding van die wereld ekonomie. Die land het ryk minerale hulpbronne, met heelwat goud, olie, steenkool en uraan. In landbou is die V.S.A. een van die vernaamste verskaffers van mielies, koring, suiker en tabak. Die V.S.A. industrië vervaardig motorkarre, vliegtuie en elektronika. Die grootste sektor is diens industrië, en omtrent 'n driekwart van die V.S. inwonders werk in hierdie sektor. Die grootste handelsvennoot van die Verenigde State is sy noordelike buurstaat Kanada. Ander belangrike handelsvennote is Meksiko, die Europese Unie en ander industriële lande in Asië, soos Japan, Indië, Suid-Korea en Sjina.

Geografie

Hoofartikel: Geografie van die Verenigde State Met die wêreld se derde grootste nasie (totale area), het die Verenigde State 'n baie wiselende landskap: gematigde woudland op die ooskus, mangrovewoude in Florida, die Great Plains in die middel van die land, die Mississippi-Missouri rivierstelsel, die Rocky Mountains wes van die vlaktes, woestyne en gematigde kus areas wes van die Rocky Mountains en reenwoude in die noord-weste. Die vulkaniese eilande van Hawaii en die pool-gebiede van Alaska maak die geografiese diversiteit net nog groter.

Vakansiedae

Notas

# Die gebruik van die woord 'Amerika' om te verwys na die VSA en 'amerikaner' om te verwys na 'n VSA-burger word deur baie mense in die res van die amerikas gesien as onakkuraat en beledegend, maar is algemeen en word elders aanvaar. category:Verenigde State ja:アメリカ合衆国 ko:미국 ms:Amerika Syarikat nb:Amerikas forente stater simple:United States th:สหรัฐอเมริกา zh-min-nan:Bí-kok

Duitsland

Duitsland (Duits: Deutschland) is Europa se grootste ekonomie en ook die land in Europa met die hoogste bevolkingtal. Duitsland is geleë in Sentraal-Europa en grens aan Nederland, België, Luxemburg, Frankryk, Switserland, Oostenryk, Tsjeggië, Pole en Denemarke.

Geskiedenis

:
Hoofartikel: Geskiedenis van Duitsland

Politiek

:
Hoofartikel: Politiek van Duitsland

Geografie

:
Hoofartikel: Geografie van Duitsland

State

:
Hoofartikel: State van Duitsland Duitsland bestaan uit 16 deelstate:
- Brandenburg
- Hansestad Hamburg
(Hansestadt Hamburg)
- Hansestad Bremen
(Hansestadt Bremen)
- Nedersaksen
(Niedersachsen)
- Noordryn-Wesfalen
(Nordrhein-Westfalen)
- Baden-Württemberg
- Beiere
(Bayern)
- Saksen
(Sachsen)
- Saksen-Anholt
(Sachsen-Anhalt)
- Hessen
- Berlyn (Berlin)
- Mecklenburg-Voorpommeren
(Mecklenburg-Vorpommern)
- Thuringen
(Thüringen)
- Rynland-Palts
(Rheinland-Pfalz)
- Saarland
- Sleeswyk-Holstein
(Schleswig-Holstein)

Ekonomie

:
Hoofartikel: Ekonomie van Duitsland Die bruto geografiese produk (BGP) groei in die jaar 2004 met sowat twee persent en bereik 2 200 miljard Euro. Verbruikerspryse het in 2004 met 1,6 persent gestyg. Tussen 1970 en 2004 het die aandeel werknemers in die nywerheidsektor van 46 tot 26 persent gedaal, terwyl die aandeel werknemers in die dienstesektor verdubbel het en nou 71 persent (of 27 miljoen mense) bedra. Die tersiêre sektor se bydrae tot die BGP beloop tans meer as 70 persent.

Demografie

:
Hoofartikel: Demografie van Duitsland Van die 82,5 miljoen inwoners is meer as 42 miljoen vroulik, en 7,3 miljoen is buitelanders. Die natuurlike bevolkingsaanwas bly negatief, met 706 000 geboortes en 818 000 sterfgevalle in die jaar 2004. Aangesien die laaste sensus in die Duitse Demokratiese Republiek in 1983 en in die vroeëre Bondsrepubliek Duitsland (Wes-Duitsland) in 1987 plaasgevind het, sal presiese statistieke gegewens eers weer met die gesamentlike Europese sensus van die jaar 2010/11 beskikbaar wees.

Kultuur

:
Hoofartikel: Kultuur van Duitsland

Sien ook

Category:Duitsland Category:Lande in Europa fiu-vro:S'aksamaa als:Deutschland ja:ドイツ ko:독일 ms:Jerman roa-rup:Ghirmânii simple:Germany th:สหพันธ์สาธารณรัฐเยอรมนี zh-min-nan:Tek-kok


1941

Gebeure


- 13 April Die Sowjet-Unie en Japan sluit 'n verdrag van neutraliteit.
- 17 April Joego-Slawië gee oor aan Duitsland
- 27 April Duitse troepe betree Athene tydens die Tweede Wêreldoorlog.
- 24 April Duitse magte verower Vilnius, Litaue, Brest-Litovsk en Kaunas.

Geboortes

Sterftes

---- Dae | Eeue | Geskiedenis
19de eeu 20ste eeu 21ste eeu
1938 1939 1940 1941 1942 1943 1944
Kategorie:20ste eeu ja:1941年 ko:1941년 simple:1941

Tweede Wêreldoorlog

Die Tweede Wêreldoorlog was die duurste en mees omvangryke gewapende konflik in die geskiedenis van die wêreld. Dit duur van 1939 tot 1945 en word so genoem omdat dit die tweede oorlog was waar lande uit feitlik alle kontinente (dié wat destyds bewoon was) betrokke was. In beide die Eerste en Tweede Wêreldoorlog het 'n enorme aantal mense gesterf in verskeie slagvelde regoor die wêreld. In die Tweede Wêreldoorlog het twee groepe teen mekaar geveg: die Geallieerdes en die Spilmoondhede. Die Geallieerdes het bestaan uit die Britse Statebond, VSA, Sowjet-Unie, Sjina, Frankryk, Pole en ander Europese lande. Die Spilmoondhede het bestaan uit Duitsland, Italië, Japan en hul bondgenote. Omtrent 55,5 miljoen mense kom om tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die massamoord op ses miljoen Jode onder die Nazi-bewind van Adolf Hitler, die gebruik van tegnologie van die industriële era, en massa-bomaanvalle op burgerlikes het alles daartoe bygedra dat meer burgerlikes in hierdie oorlog gesterf het as in enige ander in die geskiedenis.

Bronnelys


- World War II by die Engelse Wikipedia
- Tweede Wereldoorlog by die Nederlandse Wikipedia als:Zweiter Weltkrieg ja:第二次世界大戦 ko:제2차 세계 대전 ms:Perang Dunia II simple:World War II th:สงครามโลกครั้งที่สอง

1973

Gebeure


- 6 April Pioneer 11 word gelanseer.
- 17 Desember - Die Amerikaanse Psigiatrie Vereniging verwyder homoseksualiteit van sy lys van geestesversteurings.

Geboortes

Sterftes


- 8 April Pablo Picasso skilder ---- 1968 -- 1969 -- 1970 -- 1971 -- 1972 -- 1973 -- 1974 -- 1975 -- 1976 -- 1977 -- 1978 Eeue: -- 19de eeu -- 20ste eeu -- 21ste eeu Kategorie:20ste eeu als:1973 ja:1973年 ko:1973년 simple:1973 th:พ.ศ. 2516

1979

Gebeure

Geboortes

Sterftes

----
- Eeue
- Geskiedenis
- Dae
1976 1977 1978 1979 1980 1981 1982
19e eeu 20ste eeu 21ste eeu
Kategorie:20ste eeu als:1979 ja:1979年 ko:1979년 simple:1979 th:พ.ศ. 2522

1483

Gebeure


-

Geboortes

maarten luther

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
13de eeu14de eeu15de eeu
1480148114821483148414851486
Kategorie:15de eeu ko:1483년 simple:1483

1815

Gebeure


- 3 Februarie - Die eerste moderne kaasfabriek word in Switserland geopen
- 7 April - Tombora bars uit en 92 000 mense sterf.
- 20 Maart - Napoléon I keer terug uit Elba. Begin van die Honderd Dae
- 22 Junie - Napoléon I word weer gedwing af te tree
- Genève word 'n Switserse stad en die hoofstad van die nuwe gelyknamige kanton.

Geboortes


- 7 Julie - Théodore Hersart de la Villemarqué (1815-1895), Bretonse skrywer

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19de eeu20ste eeu
1812181318141815181618171818
Kategorie:19de eeu ko:1815년 simple:1815 th:พ.ศ. 2358

1866

Gebeure


- Stigting van die Stellenbosch Gimnasium (Wes-Kaap, Suid-Afrika)

Geboortes


- George Ivanovitch Gurdjieff
- Vassily Kandinsky - Russiese Waterverfskilder

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19de eeu20ste eeu
1863186418651866186718681869
Kategorie:19de eeu ko:1866년

1909

Gebeure

Geboortes

Sterftes

---- Dae | Eeue | Geskiedenis
19de eeu20ste eeu21ste eeu
1906190719081909191019111912
Kategorie:20ste eeu ja:1909年 ko:1909년 simple:1909 th:พ.ศ. 2452

1878

Gebeure


-

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19de eeu20ste eeu
1875187618771878187918801881
Kategorie:19de eeu ko:1878년

Varniniai paukščiai

Varniniai (Corvidae) - žvirblinių paukščių (Passeriformes) būrio šeima. Tai stambiausi iš visų žvirblinių būrio paukščių, turintys gana įvairią išvaizdą. Galva didelė, snapas stambus, iš šonų kiek suplotas. Šnervės pridengtos į šerelius panašiomis plunksnomis (išskyrus kovų). Kojos stiprios, sparnai trumpi ir platūs. Plunksnos juodos, pilkos, rudos, baltai juodos ar net mėlynos, dažnai metalo blizgesio. Gyvena įvairiame landšafte, dauguma rūšių laikosi miškuose, dažnai dideliais būriais. Vienos rūšys sėslios, klajokliai, kitos traukiančios. Lizdą krauna medžiuose, krūmuose, įvairiuose statiniuose, uoksuose. Deda 2-7 dėmėtus kiaušinius. Peri patinas ir patelė 16-22 dienas. Jaunikliai lizde išbūna 3-5 savaites. Minta įvairiu maistu. Lietuvoje medžiojami (naikinami) ištisus metus. Šeimoje yra 24 gentys, apie 116 rūšių, iš jų 7 aptinkamos Lietuvoje:
- Kėkštas (Garrulus glandarius, angl. Eurasian Jay)
- Šarka (Pica pica, angl. Magpie). Pav.
- Riešutinė (Nucifraga caryocatactes, angl. Nutcracker)
- Kuosa (Corvus frugilegus, angl. Eurasian Jackdaw)
- Kovas (Corvus frugilegus, angl. Rook)
- Varna (Corvus corone, angl. Carrion Crow). Pav.
- Kranklys (Corvus corax, angl. Common Raven) Category:Žvirbliniai paukščiai

Sklep Zoologiczny aminokwasy wagi bielizna erotyczna gry zrcznociowe










































:: RELATED NEWS ::

Bundanoon, New South Wales
Bundanoon is a small town in the Southern Highlands of New South Wales, Australia. It was formerly known as Jordan's Crossing. Like its fellow Southern Villages, Bundanoon has had a boom-and-bust economic cycle. The town became a well-known tourist destination early
Tarifit language
:Rifi redirects here, for the place that is called Rifi in Greece, see Rifi, Greece Tarifit is a Northern Berber language of the Zenati subgroup, spoken mainly in the Moroccan Rif by about 2 million people.

Classification

Tarifit is a Read More...
Eurocom
Eurocom (founded: October 1988) is a UK-based video game developer founded specifically to develop games for the Nintendo Entertainment System. Since then Eurocom has expanded to other platforms including, Game Boy, Game Boy Advance, Game Gear,
Tarifit
:Rifi redirects here, for the place that is called Rifi in Greece, see Rifi, Greece Tarifit is a Northern Berber language of the Zenati subgroup, spoken mainly in the Moroccan Rif by about 2 million people.

Classification

Tarifit is a Read More...
Rifi
:Rifi redirects here, for the place that is called Rifi in Greece, see Rifi, Greece Tarifit is a Northern Berber language of the Zenati subgroup, spoken mainly in the Moroccan Rif by about 2 million people.

Classification

Tarifit is a Read More...
Peter Robinson (novelist)
Peter Robinson (born 1950) is an English-born, Canadian-based crime writer. Born in Castleford, Yorkshire in 1950, he studied at the University of Leeds before emigrating to Canada in 1974. He obtained an MA from the Un
Rifia
:Rifi redirects here, for the place that is called Rifi in Greece, see Rifi, Greece Tarifit is a Northern Berber language of the Zenati subgroup, spoken mainly in the Moroccan Rif by about 2 million people.

Classification

Tarifit is a Read More...
All Rights Reserved 2005 wikimiki.org